Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stukkie Stilte Berghuis

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die R33, Erfdeel 13 Doornkom, Modimolle (Nylstroom), 0510, Limpopo
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Stukkie Stilte Berghuis en Chalet is 32 km vanaf Modimolle (Nylstroom) op 'n beesplaas in die hartjie van die Waterbergstreek geleë en bied 'n lekker plaaswegbreek.

Die Berghuis en Chalet is op een persee geleë, maar hulle is nie naby mekaar nie.

Die Berghuis maak van sonkrag, gas en 'n donkie gebruik. Dit bied slaapplek aan 6 gaste en het 2 slaapkamers, 'n badkamer, kombuis, leefarea en 'n stoep. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en stapelbeddens, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed het. Die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n aparte toilet. Warm water is slegs in die badkamer beskikbaar en word deur 'n donkie voorsien. Die eenheid het 'n plonspoel en daar is ook 'n boma met braaigeriewe.

Stukkie Stilte Chalet is 'n selfsorgeenheid wat slaapplek vir 2 gaste het. Die chalet gebruik sonkrag en gas en het nie elektrisiteit nie. Die Chalet het 'n oopplan-kombuis met 'n eet- en sitarea. Die chalet het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. 'n Buitebraai-area is beskikbaar.

Elke kombuise is met 'n yskas, gasstoof, oond, eetgerei en breekware toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word.

Aktiwiteite in die area sluit voëlkyk, voetslaan en fietsry in. Masserings is ook op versoek, indien vooraf gereël, beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Marinda B
Gesin met tieners
5.0
Stukkie Stilte naby die hemel. Rus, rus en nog rus. Die naweek by Stukkie Stilte Berghuis was heerlik. Die sterre is so helder in die aand, dit voel o...
Sien meer
Apr 2023
Elandre O
Gesin met klein kinders
4.8
Stil en privaat, pragtige natuurlewe. Wat 'n lekker naweek-wegbreek met kwaliteit familietyd sonder tegnologie. Stil en privaat. Eenvoudig maar tog al...
Sien meer
Jul 2023
Dewald C
Saam met lewensmaat
4.8
Hidden gem on a mountain top. The place was calm and relaxed and not too far away from Pretoria. 2 hr drive and you are under the stars...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Rikus S
Saam met vriende
4.8
Lekker wegbreek met rus en vrede. Ons het baie lekker gebly. Die huis is baie goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas, gasstoof en alle kosmaakbenodig...
Sien meer
Feb 2023
Rhijnhardt M
Saam met vriende
4.6
Goeie wegbreek met 'n mooi uitsig. Ongelooflike mooi uitsig met plase en berge reg rondom. Die huisie het alles wat jy nodig het en jy kan verseker di...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Diane Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Vanaf die R33, Erfdeel 13 Doornkom, Modimolle (Nylstroom), 0510, Limpopo
  • Gaste dink Stukkie Stilte Berghuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die R33, Erfdeel 13 Doornkom, Modimolle (Nylstroom), 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a9d8d856b13b422aa87746c16a05638b72b83c3191524f7b36788b46385f03e3c4989e2e27c80b3bd329ef47431405081ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 11 5 1 5 Off the R33 Portion 13 Doornkom 0510 Limpopo 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -24.49221361724 28.383099922239

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang