Suikerbos Huisje
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Jan 2025 tot 31 Jan 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Acerosa-straat 7 P, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 600R1 280 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Suikerbos Huisje bied selfsorgverblyf in 'n losstaande kothuis wat op die eienaar se perseel in Danabaai geleë is. Dit is ideaal vir 'n paartjie of klein gesin wat op soek is na 'n kuswegbreek, aangesien dit naby die strand is.
Dié kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad en 'n wasmasjien. Linne word voorsien, bring asb. eie Handdoeke.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is, en daar is ook 'n toonbank met stoele. Die aangrensende sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV, Gratis WiFi is beskikbaar.
Die kothuis het ook 'n ingeboude braai op die onderdakstoep en 'n eetarea waar gaste hul maaltye kan geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Carin-Marie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Acerosa-straat 7 P, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink Suikerbos Huisje het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Danabaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Acerosa-straat 7 P, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang