Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Suikerbos

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabelstraat 653, Garsfontein, Pretoria, 0042, Gauteng
  • Tydelik onbeskikbaar

Beskrywing

Suikerbos is 'n selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang langs die hoofhuis in 'n sekuriteitslandgoed in Garsfontein, Pretoria. Suikerbos is net 4 km van Menlyn Maine af en naby die N1. Dit is ook naby verskeie hospitale en skole. Hierdie eenheid maak van sonkrag gebruik, dus is daar altyd krag en die WiFi, TV en ligte sal aanhou werk. Die lugversorging sal nie tydens beurtkrag werk nie, maar ekstra waaiers is beskikbaar.

Die eenheid het 2 slaapkamers wat oor die tuin uitkyk waarvan een 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens het. Alle linne, handdoeke en komplimentêre sjampoe, stortjel en room word voorsien. Ekstra komberse is vir elke bed beskikbaar asook elektriese komberse. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet, sowel as 'n wasmasjien. Gatse moet hul eie seeppoeier saambring.

Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, gasstoof, broodrooster, ketel, oond, mikrogolf en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies toegerus.

In die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel, 'n TV met DStv Compact Plus-kanale. Daar is ook onbeperkte hoë spoed WiFi, lugversorging, en sekuriteitsvensters.

Die eenheid deel 'n motor-ingang met die hoofhuis, maar het sy eie aangewese parkeerplek. Geen sleepwaens word toegelaat nie, tensy dit vooraf gereël word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 130 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Lizelle R
Gesin met tieners
5.0
Lekker. Vir seker het ons lekker gebly. Naby aan alles.
Nov 2024
Marietjie V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjiese plek, en veilige omgewing. Puik netjies en skoon.
Nov 2024
Jeanelle N
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gekuier. Ek sal Suikebos aanbeveel. Baie lekker gebly.
Nov 2024
Enrike V
Gesin met klein kinders
5.0
Onverbeterlik. Uiters netjies en gerieflik. Die eienaars het werklik aan alles gedink. Dit sal voortaan ons eerste keuse vir verblyf wees in Pretoria!
Okt 2024
Chris B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustige atmosfeer asook baie veilig. Heerlik oornag! Akkommodasie baie netjies, skoon en sentraal geleë naby winkelkompleks en restaurante. Sal d...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 130

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Mabelstraat 653, Garsfontein, Pretoria, 0042, Gauteng
  • Gaste dink Suikerbos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Tydelik onbeskikbaar
Tydelik onbeskikbaar
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabelstraat 653, Garsfontein, Pretoria, 0042, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe274143ad761060c65b7d5aa8dac03d43530749673105e4264bc4c9473f04f7346a5338547fc806f0abc589e00f86d4a822b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80
Tydelik onbeskikbaar
130 5 1 5 653 Mabel Street Garsfontein 0042 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.78941 28.303272

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang