Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Suikerbosskuur Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glen Eland Plaas, Amsterdam, 2375, Mpumalanga
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Suikerbosskuur Accommodation is op die plaas Glen Eland geleë, net 15 km van Amsterdam af. Dit is die ideale wegbreekplekkie vir natuurliefhebbers aangesien daar baie wild en voëls hier te vinde is. Die plaas is ongeveer 25 km van die Nerston-grenspos na Swaziland af en net 5 km vanaf Jerichodam.

Suikerbosskuur Chalet is 'n ongekunstelde selfsorg-kothuis en dit is die oudste gebou op die plaas. Die kothuis het 'n koningingrootte-bed en 'n hoekbad. Die ander kamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Braaigeriewe is langs die kothuis beskikbaar.

Suikerbosskuur Rondawel is 'n lieflike grasdak-rondawel met 'n slaapkamer wat ingerig is met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed in die leefarea. Dit is volledig toegerus vir 3 mense. Die eenheid het ook 'n badkamer met 'n stort, aparte toilet en kombuis- en leefarea.

Die rondawel en chalet is albei binne 'n omheinde kamp van 100 hektaar, waar kleinwild soos oorbietjies, rietbokke en ander gesien kan word. Gaste is ook welkom om die voetslaanroetes en bergfietsroetes te gaan verken of vis te vang in die Jerichodam.

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Anne-marie G
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie verblyf opsie vir werk reisigers sowel as vakansiegangers. Die gasvrou is baie vriendelik en tegemoetkomend. Akkommodasie is goed toegerus met a...
Sien meer
Apr 2024
Sannie D
5.0
Ek het die stilte op die plaas verskriklik geniet, pragtige plek! Wat 'n fantastiese plek, is netjies, skoon en baie goed ingerig. Die eienaar was eni...
Sien meer
Apr 2024
Jane L
Besigheidsreis
5.0
Great! Highly recommended! The accommodation was clean, and the hosts were incredibly accommodating and friendly. I felt safe and at pe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Johan O
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik. Gemaklik met alles wat ons nodig het. Omgewing baie mooi en doodstil.
Des 2023
Cathryn G
Saam met lewensmaat
5.0
A perfect halfway stop between KZN and Kruger. Comfortable and cozy, the chalet had all we needed. It has a lovely outlook. The host wa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ericka Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Glen Eland Plaas, Amsterdam, 2375, Mpumalanga
  • Gaste dink Suikerbosskuur Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glen Eland Plaas, Amsterdam, 2375, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJlYWM2N2Q5LTQwMDktNDU0Zi1hNzNjLTA5ZGY0NjU1MDVmZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 30 5 1 5 Glen Eland Farm Amsterdam 2375 Mpumalanga 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -26.650588698182 30.513678523477

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang