Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Summer Holiday

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karveelsingel, Diaz-strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Summer Holidays is 'n pragtige, kontemporêre selfsorgvakansiewoonstel in die hartjie van Diaz-strand, Mosselbaai en is ideaal naby verskeie besienswaardighede. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek op die Tuinroete aangesien hierdie eiendom stapafstand vanaf die hoofstrand is.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed; net die hoofslaapkamer beskik egter oor 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Daar is 'n dubbelslaapbank vir kinders in die voorkamer. 'n Stort is beskikbaar in die tweede badkamer.

Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-Slim-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul etes saam kan geniet.

Hierdie leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan terwyl hulle 'n braai geniet. Gaste kry veilige onderdakparkeerplek in die kompleks.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Karveelsingel, Diaz-strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karveelsingel, Diaz-strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA51006f68538ab3e54c0fd0a3d03448c30ae61776a75caa9694fda2455b53d805bcaf10bdda4b3bfdadf6c638b513ce2e51a0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8) Karveel Crescent Diaz Beach 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.158240539677 22.108034844232

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang