Summer Sand Holiday Cottages
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barbaralaan 4, Scottburgh Suid, 4180, KwaZulu-Natal
- Vanaf R650 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Summer Sand Holiday Cottages bied gerieflike verblyf in 2 selfsorgkothuise in Scottburgh-Suid. Die verblyf skuil in ’n welige, tropiese tuin met ’n seebriesie, palmbome wat swaai, volop voëllewe en die klank van ’n stroompie wat deur die eiendom kabbel. Die eiendom het ’n buiteswembad, tuin en braaigeriewe.
Hierdie eiendom het 'n omsetter vir rugsteunkrag tydens beurtkrag, asook boorgatwater en alle eenhede word hierdeur ondersteun.
Elke kothuis het plek vir 6 gaste en beskik oor ’n toegeruste kombuis met ’n yskas, oond, stoof en mikrogolfoond. Daar is ’n privaat badkamer met ’n stort. Daar is ’n TV in die sitkamer en ’n terras met 'n uitsig oor die tuin. Gaste kan gebruik maak van die dekarea of patio, wat albei 'n see-uitsig en onderdak-braaigeriewe het.
Pebbles Gastekamer is knus en ideaal vir die sakereisiger of kort, romantiese verblyf sonder dat gaste oor skoonmaak hoef te bekommer. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n toilet, wasbak, 'n stort en 'n bad. Badhanddoeke word voorsien. Die eenheid het ook 'n induksieplaat en eetgerei, en bied semi-selfsorgverblyf.
Gaste kan na die plaaslike visvang-strand toe stap, of op ’n kort rit na Scottburgh se hoofstrand gaan. Die Scottburgh-golfbaan is net 900 m weg. Die area bied ook toegang na Crocworld, die Scottburgh Lewensredderklub en Scottburgh Strand se putt-putt. Die naaste lughawe is King Shaka Internasionale Lughawe wat 92, 8 km weg is.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Colleen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Barbaralaan 4, Scottburgh Suid, 4180, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Summer Sand Holiday Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Scottburgh Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barbaralaan 4, Scottburgh Suid, 4180, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang