Sun Karros Daan Viljoen Game Park
- Kapasiteit: 80 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: C28, D1526-afdraai, Daan Viljoen, Windhoek, 0000, Khomas
- Vanaf R510 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sun Karros Daan Viljoen Game Park is in Khomas Hochland se golwende heuwels sowat 20 km van Windhoek af geleë. Dié 4000 hektaar wildreservaat is 'n wye verskeidenheid inheemse soogdiere, reptiele en meer as 300 voëlspesies se tuiste. Die instansie is in die hartjie van die park geleë.
Daar is moderne chalets rondom die oewer van die Augeigasdam. Dié kontemporêre eenhede het elkeen 'n slaapkamer en 'n badkamer met 'n stort. Die privaat patio het stoepmeubels en braaigeriewe. Die eenhede het elkeen lugversorging, 'n plafonwaaier, 'n kluisie, haardroër, 220V laaigeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, eetgerei en breekware. Basiese braaigeriewe is op versoek by ontvangs beskikbaar.
Daar is ook groepkampgeriewe beskikbaar by die Zebra-kampterrein. Elke kampplek het 'n buitelug-braai, 'n wasbak, voorbereidingsarea en 220V elektrisiteit met 'n lig wat voorsien word. Die kampplekke het ablusiegeriewe met aparte storte en toilette. Daar is ook individuele kampplekke by due Kameelperd-kampplek. Elke kampplek het sy eie privaat braai-area op 'n veranda, 'n kombuis en 'n stort met toiletgeriewe.
Die maaltye van 'n vasgestelde spyskaart af word by die boma-restaurant en die alfresco-terras langs die swembad bedien. Warm en koue verversings is by die kroeg wat ten volle toegerus is beskikbaar.
Gratis WiFi is by die ontvangsarea en die internetkafee beskikbaar. Daar is ook 'n kiosk met basiese benodigdhede.
Parkfooie is met aankoms kontant betaalbaar by die park se beamptes. Dagbesoekers is welkom. Die dagbesoekerfooi is by ontvangs betaalbaar en dié besoekers mag die park met sonsopkoms betree en teen 18:00 verlaat, tensy die besoekers aandete gaan eet of na 'n funksie genooi is.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Skuifie-projektor
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Tracy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- C28, D1526-afdraai, Daan Viljoen, Windhoek, 0000, Khomas
- Gaste dink Sun Karros Daan Viljoen Game Park het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 80 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: C28, D1526-afdraai, Daan Viljoen, Windhoek, 0000, Khomas
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang