Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sun Ray Guest House

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hendrikstraat 159, Wierdapark, Centurion, 0157, Gauteng
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Sun Ray Guest House is in Wierdapark, Centurion geleë en bied 2 ruim, skoon en baie gerieflike woonstelle.

Woonstel A het 'n 1 groot slaapkamer met 'n dubbelbed, ruim kaste, 'n spieëltafel en 'n en suite-badkamer. Die sitkamer het 'n slaapbank vir 2 mense en daar is 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, yskas-vrieskas en mikrogolf. Die woonstel kyk uit oor 'n pragtige swembad en Jacuzzi en het sy eie privaat patio met tafel, stoele, sambreel en braaigeriewe.

Woonstel B het 'n groot slaapkamer met 'n dubbelbed, ruim kaste en 'n spieëltafel. Die sitkamer het 'n slaapbank vir 2 mense. Daar is 'n badkamer met bad en stort en volledig toegeruste kombuis en sitkamer. Die TV is toegerus met 'n verskeidenheid DStv-kanale. Dié woonstel het sy eie balkon met 'n gasbraai. 'n Gemeenskaplike swembad en Jacuzzi is op die perseel beskikbaar.

Neem asseblief kennis dat beide woonstelle 4 mense kan akkommodeer en elkeen het 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 mense en die sitarea het 'n slaapbank vir die ander 2 mense.

Ons is trots om aan te kondig ons het 'n vol kragopwekker met outomatiese aan en af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sandra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hendrikstraat 159, Wierdapark, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink Sun Ray Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hendrikstraat 159, Wierdapark, Centurion, 0157, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZhNDVlNGY0LTI5ZTQtNDEzMS05OWU1LWVlNDFkMDAxY2IwZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 23 5 1 5 159 Hendrik Street Wierdapark 0157 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.860791441789 28.146522259717

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang