Sunbird Manor
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunbird-rylaan 114, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R6 010 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Sunbird Manor is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is in die hartjie van Myburgh Park, Langebaan. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek aan die Weskus aangesien die eiendom 'n sprankelende binnenshuise swembad het.
Dié dubbelverdieping-eiendom kan tot 8 volwassenes en 2 kinders op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n volledige en suite-badkamer. Daar is nog 3 slaapkamers wat elkeen 'n koningingrootte-bed het; net 1 van hierdie kamers het egter 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. 'n Dubbelbed vir kinders is beskikbaar in die vyfde slaapkamer. Daar is nog 'n volledige gesinsbadkamer, terwyl die vierde badkamer met 'n stort toegerus is.
Die ruim leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. Die oopplan-sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Langs die sitkamer is 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet.
Boonop het hierdie huis 'n omheinde patio wat 'n wonderlike vermaakarea is en beskik oor 'n ingeboude braai, 'n pizza-oond, 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord sowel as 'n tafeltennistafel. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Albert Geverifieer
Eiendomme 70
Resensies 348
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Sunbird-rylaan 114, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Sunbird Manor het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Myburgh Park Langebaan Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunbird-rylaan 114, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang