Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sunflower and Moonflower

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Dam-weg 16, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sunflower and Moonflower is in 'n stil, luukse woonbuurt in Durbanville wat met uitstekende restaurante, winkelsentrum en ’n wêreldklas-wynroete spog. Dis die ideale basis vanwaar gaste Kaapstad kan verken.

Die Sunflower-woonstel bied verblyf aan tot 2 gaste en beskik oor ’n slaaparea, en suite-badkamer en ’n kombuis. Die slaaparea het ’n ekstra lang koninginggrootte-bed met ’n veerduvet en elektriese kombers, sowel as ’n dakwaaier met ’n afstandbeheerder. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Handdoeke word voorsien.

Die Moonflower-eenheid het ’n aparte ingang en is toegerus met volle kombuisgeriewe, sowel as ’n oopplan-leefarea en - eetarea langsaan. Die slaapkamer is ruim en beskik oor ’n koningingrootte-bed, asook kaste en stoorspasie. Die badkamer het ’n stort en ’n bad. Daar is ook ’n veranda met ’n uittrek-slaapbank wat slaapplek vir kinders bied.

Sunflower and Moonflower is net 32 km vanaf Kaapstad se middestad en 36 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Cape Gate MediClinic is ongeveer 7 km en Durbanville MediClinic ongeveer 3 km vanaf die eenheid.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 127 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Fanie L
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik! Sal weer hier bly. Ons het vreeslik lekker gebly. Die plekkie is so mooi en netjies. Baie vriendelike diens, privaatheid en veilig. Sal dit v...
Sien meer
Jan 2025
Sonja S
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was great! Ons het so lekker gebly. Ons toer deur die Weskus en beslis een van die beste plekke waar ons mag oorbly het.
Jan 2025
Brand W
Saam met lewensmaat
5.0
Professioneel, klas, gemak, goed toegerus, net 'n plesier. Een van die beste wat ons in meer as 10 jaar gebruik het! Absoluut foutloos. Kan Karin se b...
Sien meer
Jan 2025
Anthony Lincoln D
Saam met lewensmaat
5.0
Pleasant experience with everything you need. Karin and her husband were absolutely amazing, their hospitality was warm and welcoming. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Jeanne-marie D
5.0
Hartlike ontvangs, vriendelike hartsmense, rustige en veilige omgewing. Baie lekker gebly - rustig, baie, baie netjies, vriendelik, hartlik.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 127

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • De Dam-weg 16, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sunflower and Moonflower het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Dam-weg 16, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3f5fb451085cbd78aea2007af9bd22e925089184261104503731d511297018078c629c020d55e2a638d6f93411ec22e075dd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 127 5 1 5 16 De Dam Road Vierlanden 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.808852897156 18.662453900764

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang