Hi Alicia,
Dankie vir u terugvoer.
Ja, die woonstel lyk effens anders omdat ons alles oorgeverf het, sommige meubels vervang is en ander nuut oorgetrek is, asook goedjies soos lampies, dekor en linne vervang is. Die beddegoed is wit, dus het ons gedink dit lyk mooi met die nuwe skakerings van blou en groen handdoeke. Nie besef dis 'n probleem nie, en gedink dit is alles goeie veranderinge.
Die gordyne in die sitkamer het ons verwyder, want gaste vat dit vuil en dit kyk in elk geval uit op die stoep en die see, so nie gevoel dit is nodig om die uitsig te belemmer nie.
Die gordyne in die slaapkamer word ook elke keer vuil gevat, en was verbrand deur vorige gaste so on shet gewag vir die nuwes.
Daar is een plankie gekraak heel onderaan die kleinste venter se blindings in die agterste kamer.
Ons verstaan u was ongelukkig met die bank wat gebreek was, waarvan ons nie bewus was nie. Sodra jul my laat weet het het ek aangebied om iemand te stuur om dit reg te maak of te vervang, maar julle het geweier, en my boodskappe geignoreer. Dit is nou reggemaak.
Dieselfde met die mikrogolf, wat ons toe na die tyd getoets het en dit steeds perfek gewerk het. Ons het dit toe in elk geval vervang.
Die stoep, vloere en vensters raak ongelukkig vinnig taai en vol sout so naby aan die see, so sou elke dag iemand moes stuur om dit te keer, maar ek het weer seker gemaak dat ons skoonmaker weet hoe om dit goed skoon te hou.
Daar is wel nuwe kussings op die meubels buite, so ek is nie seker waarna u verwys nie.
In verband met die terugbetaalbare breekskadedeposito. Ons het al baie skade gehad deur gaste, dus is dit nou al jare in plek om ons ook net te beskerm. Ek het julle 3 dae grasie gegee om te betaal al moet dit eintlik voor die tyd betaal word, en al het julle met 'n troeteldier gekom. So ek sukkel om te verstaan wat u probleem daarmee was. Ek het dit ook dieselfde Sondag nog ten volle terugbetaal, terwyl ons reëls se binne 24uur.
Ek hoop u vind volgende keer 'n plek meer na u sin.
Vriendelike groete,
Suné