Sunset Breeze
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 16, Strand, Kaapstad, 7130, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Sunset Breeze is 'n privaat selfsorgwoonstel in Ocean Breeze Hotel in Strand, Wes-Kaap. Dit is slegs 50 m vanaf die strand en is ideaal vir 'n onvergeetlike vakansie met 'n see-uitsig.
Die woonstel bied slaap plek vir 4 gaste aan en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Verder is daar 'n dubbelslaapbank vir ekstra slaapplek.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, warmplaat, potte, eetgerei en breekware. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste. Die sit area het gemaklike rusbanke en 'n TV met Netflix, asook gratis WiFi.
Die skuifdeure lei na 'n balkon met sitplek met 'n uitsig oor die strand. Dit is 'n ideale plek vir gaste om hul maaltye saam te geniet terwyl hulle die sonsondergang bewonder.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad,restaurant en koffiewinkel. Wegneemetes word ook in die kamers bedien vanaf die restaurant.
Besienswaardighede in die omgewing sluit die waterpark, Strand Gholfbaan, Somerset Mall, Wild Wild West-kinderspeelpark, diepseeduik, die Helderberg Natuurreservaat, wynroetes en die Steenbrasrivier in. Die eenheid is ook loopafstand vanaf verskeie restaurante.
Hierdie eenheid het 'n tandem-parkeerplek wat gedeel word en werk op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis. Daar is onderdakparkeerplek beskikbaar teen R50 per aand en buite agter die hotel is parkeerplek beskibaar met sekuriteit wat na die voertuie kyk.
Let asb. dat rook in Ocean Breeze Hotel en alle kamers verbode is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Swembad
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
Dienste
- Internet koppeling
- Kamerbediening
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
Ekstras
- Kroegyskas
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
UNA Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 19
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Kusweg 16, Strand, Kaapstad, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Sunset Breeze het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 16, Strand, Kaapstad, 7130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang