Sunset Deck
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Llandudno-weg 42, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sunset Deck is 'n lieflike selfsorgwoonstel op 'n woonerf. Dit is heeltemal privaat en het sy eie ingang apart van die hoofhuis. Die woonstel is in 'n doodloopstraat in die lieflike buurt Llandudno en dié area spog met van Suid-Afrika se mooiste strande.
Die selfsorgwoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n slaapkamer, badkamer, kombuisie en 'n TV-kamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n platskerm-TV wat aan 'n sateliet gekoppel is. Daar is 'n verskeidenheid plaaslike en internasionale nuuskanale en Showmax. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie loop vanuit die slaaparea en het 'n dubbelwarmplaat, ketel, broodrooster, mikrogolfoond en 'n yskas.
Gaste het eksklusiewe gebruik van 'n houtdek 'n paar meter vanaf die slaapkamer. Die dek bied 'n uitsig op die berge en oor die strand. Die TV-kamer word vanaf die dek bereik en daar is 'n verskeidenheid boeke, plate, 'n draaitafel en 'n Hi-Fi vanwaar gaste musiek op hulle fone kan speel. 'n Gasbraai is op die dek beskikbaar.
Gaste is welkom om van die swembad gebruik te maak. Dit word met die gashere en hul vriend gedeel. Daar is veilige parkeerplek in die straat.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Chrisna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Llandudno-weg 42, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink Sunset Deck het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Llandudno-weg 42, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap