Sunset Lane Fairmile Point
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairmile Point TF3, Thesen Harbour Town, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Sunset Lane Fairmile Point is 'n bekoorlike selfsorgvakansiehuis in Thesen Island in Knysna. Dit is op die rand van die prentjiemooi Knysna-strandmeer en bied 'n lieflike uitsig oor die rustige water en die Outeniekwaberge in die verte.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort en gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel en 'n koffiemasjien. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die aparte opwaskamer het 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die aangrensende eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien.
Die leefarea het stapeldeure wat lei na 'n houtdek met meubels, gasbraaigeriewe en 'n swembad. Die huis het ook 'n sonkamer wat 'n goeie alternatief is wanneer die wind waai. Fairmile Point spog met 'n unieke, privaat jetty op die hoofeiland wat toelaat dat gaste per boot kan arriveer. Dit bied maklike toegang tydens spesifieke getye. Die huis het sekuriteitstrale wat deur beweging geaktiveer word en patrollies teen die water.
Die huis is in die Thesen Harbour Town en bied toegang tot 'n rits eksklusiewe boetieks en die bekende Ilde Pain-bakkery. Dit is ook 'n baie veilige omgewing. Kinders kan selfs rustig in die water speel voor die huis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Tracy Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 14
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Fairmile Point TF3, Thesen Harbour Town, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Sunset Lane Fairmile Point het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Theseneiland Knysna Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairmile Point TF3, Thesen Harbour Town, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang