Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SuPaViews @WalkerHouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3rde Laan 661, Walker House, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

SuPaViews @WalkerHouse is 'n pragtige woonstel in 'n rustige omgewing in Wildernis. Hierdie ruim en luukse woonstel bied asemrowende uitsigte en is naby die lughawe, plaaslike winkels, restaurante, strande en riviere.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 smaakvolle en suite-slaapkamers met skuifdeure wat na die dek met individuele sitareas en panoramiese uitsigte lei. Die woonstel spog ook met sagte beddegoed met elektriese komberse en afstandbeheerde, digte blindings. Boonop verseker die USB-poorte in die kamers dat gaste maklik hul toestelle kan laai, en 'n lessenaar met WiFi is beskikbaar vir gaste wat werk moet doen. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 'n dubbelbed het. Al 3 en suite-badkamers het 'n stort, wasbak, verhitte handdoekereling en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die ruim oopplan-sitarea en -kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die sentrale etenstafel is ideaal vir gaste om maaltye saam te geniet. Die etenstafel strek verder na die sitarea met gemaklike sitplek, 'n slim-TV en 'n gasverwarmer.

Die glasskuifdeure lei na die dek met panoramiese uitsigte en 'n verskeidenheid inwonende voëls maak gereeld hier hul opwagting. Op die hoofdek is daar 'n etenstafel met sitplek vir 10, 'n Weber-braai en 'n gasverwarmer, ideaal vir 'n heerlike buite-ete.

Hierdie verblyf het sonpanele wat ononderbroke kragtoevoer verseker tydens kragonderbrekings, en veilige parkeerplek vir 3 voertuie is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir SuPaViews @WalkerHouse
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Paul & Suzette Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 maande

Ligging

  • 3rde Laan 661, Walker House, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink SuPaViews @WalkerHouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3rde Laan 661, Walker House, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb55775b369cf54f0d427c209ce0f57aea2583db70d4bd79b3ec25b20cddf8b248fd1247a958a548332e747891c9324c10be?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 661 Third Avenue Walker House 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.998220885508 22.622468450139

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang