Super Cool
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tweekuilen, Blouvalkstraat 26, Diasstrand, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Super Cool is halfpad tussen Mosselbaai en Hartenbos op die Tuinroete geleë, wat vir die wonderlike, matige klimaat regdeur die jaar bekend is. Dit bied soveel besienswaardighede en vermaak vir gesinne met kinders, maar ook rustige en veilige verblyf vir reisigers wat net wil rus en die wonderlike natuurskoon wil geniet.
Verblyf word in 2 gerieflike woonstelle gebied.
Die boonste verdieping het 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer het. Dit word vanaf 'n ruim balkon met braaigeriewe, 'n tafel, stoele en 'n groot sambreel bereik. Die eenheid beskik oor 'n oopplan-sitarea, 'n kombuis, 'n slaaparea en 'n badkamer. Die sitarea het 'n slim-TV en 'n tafel met 4 stoele, waarvan 2 lêstoele is. Daar is ook ondervloerse verhitting en veilige parkeerplek langs die eenheid.
Die woonstel op die onderste verdieping het 'n aparte slaapkamer, 'n badkamer en 'n ruim oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en baie pakplek. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n binne- en buitebraai. Die eetarea het sitplek vir 6 tot 8 gaste en daar is 'n gemaklike sitkamerstel en slim-TV in die sitarea.
Albei eenhede het beddegoed, seep, toiletpapier en oorgenoeg kook- en eetgerei vir die aantal gaste wat geakkommodeer word.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad sowel as 'n speelarea vir kinders. Die strand word deur 'n plankpaadjie, wat ideaal is vir rolstoele, bereik. Die Tweekuilen-veiligheidskompleks, waarin Super Cool geleë is, is langs 'n pragtige strandmeer met 46 voëlspesies. Dié voëlspesies en 'n uitsig oor die meer, see en op die berge kan vanaf 'n voetpaadjie gesien word, wat al langs die oewer en die kinderspeelpark kronkel.
Super Cool is 400 m vanaf 'n klein besigheidskompleks met 'n wassery, 'n kruidenierswinkel, 'n drankwinkel en 'n restaurant geleë. Die Langeberg Mall is net 1,5 km ver en die Hartenbos Waterfront, met 'n verhitte swembad, waterglybane, minigholfbane en talle restaurante is 4 km ver.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Roux Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Tweekuilen, Blouvalkstraat 26, Diasstrand, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Super Cool het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tweekuilen, Blouvalkstraat 26, Diasstrand, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang