Surf Point Holiday Home
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Walnut-laan, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R7 600 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Surf Point Holiday Home is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis in die hartjie van Wavecrest, Jeffreysbaai. Dit bied lieflike see-uitsigte vanaf die houtdek waar gaste lekker kan ontspan en die walvisse en dolfyne kan dophou.
Hierdie dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is nog 'n dubbelbed en 'n stapelbed in die vierdie slaapkamer. Die eerste badkamer het 'n stort-oor-bad en die ander 2 badkamers het beide 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 2 toonbanke met stoele toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die kombuis lei na die etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste maaltye saam kan geniet. Langs die eetarea is daar 'n knus sitarea wat lei na 'n tweede sitarea met 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale.
Daar is 'n fliekkamer waar gaste flieks kan kyk en Xbox-speletjies kan speel. Daar is ook 'n aparte kuierkamer met 'n veerpyltjiebord en 'n binnegasbraai. Beide die TV- en braaikamer lei na die groot houtdek met meubels waar gaste kan ontspan en oor die see tuur.
Die onderste verdieping lei na die onderdakstoep met 'n pooltafel wat in 'n tafeltennistafel omskep kan word. Die stoep lei na die lieflike swembad met sonstoele. Die huis het ook 'n boma met 'n sentrale vuurput.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Collette Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Walnut-laan, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Walnut-laan, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang