Surfer's Watch at Bruce's
Kry 20% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sardinia-weg 30, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
-
Vanaf
R7 300R5 840 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Surfer's Watch at Bruce's bied verblyf in 'n dubbelverdiepinghuis in Santareme in St. Francisbaai, 450 m vanaf Granny's Pool en 150 m vanaf Bruce's Beauties. Dit is in die hartjie van die baai waar daar verskeie watersportgeleenthede is en loopafstand vanaf Bruce se koffiewinkel. Die Twee Oseane Hawes-roete is ook 100 m van die huis af.
Dié huis het 'n dek op die tweede verdieping met 'n uitsig oor die baai en die 2 hoofbranderplankryplekke. Die eenheid is ruim en het 'n oopplan-uitleg wat dit ideaal maak vir 'n groot gesin of 'n familie. Die huis is versier met fotografie en houtmeubels.
Dit bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n ruim oopplan-leefarea en -eetarea.
Die eerste slaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n koninggrootte-bed, 'n platskerm-TV en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, 'n toilet en 'n wasbak. Dié slaapkamer het lugversorging en skuifdeure aan 2 kante wat na 'n balkon lei. Die tweede slaapkamer is op die eerste verdieping in die hoek en het 'n koningingrootte-bed en 'n slim-TV. Die derde slaapkamer is ook op die eerste verdieping en het 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamerkamers het elk skuifdeure wat na 'n balkon lei en deel 'n badkamer wat 'n bad, toilet en 'n wasbak het. Die vierde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskaste en klein toebehore toegerus. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sitarea het banke, lugversorging en 'n houtvuur-stofie. Daar is ook 'n groot biblioteek, speletjies vir kinders, 2 DStv-koppelpunte en WiFi. Gaste kan die fietse op versoek gebruik.
Daar is ’n piekniektafel onder die melkhoutbome, sowel as bankies en ’n sitplek.
Die ouderdom van gaste is beperk a.g.v. die steil trappe en wyd gespasieërde relings by die balkon op die tweede verdieping. Gaste met jong kinders het al op die grondverdieping gebly, maar dit is op gaste se eie diskresie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Sardinia-weg 30, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Gaste dink Surfer's Watch at Bruce's het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Francisbaai St. Francis Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sardinia-weg 30, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang