Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Surfwatch Villa and Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Highway 52, Vishoek, 7945, Wes-Kaap
  • Vanaf R9 500 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Surfwatch Villa and Cottage bied selfsorgverblyf in Vishoek, op 'n heuwel met 'n uitsig oor Vishoekstrand. Dit het groot, gemaklike leefruimtes met skouspelagtige uitsigte vanuit elke kamer. Hierdie verblyf is ideaal vir ontspanningsreisigers of diegene wat die area vir sakedoeleindes besoek.

Die verblyf bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 'n hoofhuis en aparte kothuis. Die hoofhuis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet, terwyl die kothuis 2 slaapkamers en 2 badkamers het. Die slaapkamers het elkeen óf 'n koninggrootte-bed óf 'n koningingrootte-bed. Twee van die slaapkamers in die hoofhuis is en suite, waarvan een 'n bad en 'n stort het. Die ander badkamers het elkeen net 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Beide die hoofhuis en kothuis beskik oor volledig toegeruste kombuise wat 'n gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas insluit. Vir ekstra gerief is 'n skottelgoedwasser en wasmasjien beskikbaar. Die sit- en eetareas het oorgenoeg sitplek vir gaste om te eet en te ontspan terwyl hulle die see-uitsigte bewonder. Vir gaste se vermaak het elke slaapkamer en sitarea 'n TV met DStv-kanale, en gratis WiFi-toegang.

Die leefareas lei na 'n dek met buitesitplek en gasbraaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en daar is ook sekuriteitskameras op die perseel. Die verblyf is 'n entjie vanaf die strand, Kalkbaai, Simonstad, die pikkewyne en Kaappunt Natuurreservaat. Boonop het hierdie verblyf 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel in geval van kragonderbrekings.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 6 Slaapkamers 6 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

David Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 4

Resensies 15

Op LekkeSlaap 11 maande

Ligging

  • Highway 52, Vishoek, 7945, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 9 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 9 500
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Highway 52, Vishoek, 7945, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA809111a577664630444b17dca7cb16c99d25a4d23ff5eced690cacaaadd5267a4a76c38ff55bc90592792ff22e1b1df702dc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 500 per nag (plek vir 12) 52 Highway Fish Hoek 7945 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.143175540615 18.431472769402

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang