Surval Boutique Olive Estate
- Kapasiteit: 59 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Op pad na die Kangogrotte, Buffelsdrift, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Vanaf R3 454 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Surval Boutique Olive Estate is sowat 4,5 km buite Oudtshoorn teen die voet van die majestueuse Swartberge in die Klein-Karoo geleë. Dit is die ideale oornagplek vanaf die Kaapse Wynlande op pad na die Tuinroete of vir gaste wat die Klein-Karoo wil verken. Die landgoed is naby die Kangogrotte en verskeie ander besienswaardighede rondom Oudtshoorn.
Verblyf word in 'n verskeidenheid stylvolle en luukse kamers in 'n rustige plaasomgewing aangebied. Dit wissel van gesinseenhede, luukse dubbel- of 2-enkelbedkamers en die wittebroodsuite tot die sakpasenkelkamers. Elke kamer het WiFi, lugversorging, 'n kluis, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV.
Die restaurant op die perseel, Su Casa, se spyskaart is deur die Klein-Karoo se produkte geïnspireer en word met internasionale elemente gekombineer. Su Casa is 'n lid van Confrêrie de la Chaíne des Rôtisseurs, 'n internasionale gastronomiese gemeenskap wat in 1950 in Parys begin het en tot 1248 terugdateer, en is daaraan toegewy om 'n onvergeetlike restaurant-ervaring te bied.
Die landgoed het 'n wynkelder vol voorraad en gaste het toegang daartoe om die beste wyn wat Suid-Afrika bied, saam met hul maaltye te geniet. Su Casa bied spesiale opsies vir troues, konferensies en baie ander spesiale geleenthede of funksies.
Nabygeleë besienswaardighede sluit die Kangogrotte, Cango Wildlife Ranch, Wilgewandel. die Karusa-wynkelder, Art Karoo-kunsversameling, Rust-en-vrede-waterval, TBI Adventures, wildritte, die CP Nel Museum, Le Roux-dorpshuis, Arbeidsgenot en verskeie voetslaan- en fietsryroetes in die omgewing in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Shanel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Op pad na die Kangogrotte, Buffelsdrift, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink Surval Boutique Olive Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oudtshoorn Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 59 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Op pad na die Kangogrotte, Buffelsdrift, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang