Swallowfield Rondavels
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600, Cathkin Park, Central Drakensberg, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R860 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Swallowfield Rondavels bied gerieflike sakpas-selfsorgverblyf in die hartjie van die Champagne-vallei in die Sentrale Drakensberg-area. Dié Central Berg bied 'n verskeidenheid doendinge en eko-toeristebesienswaardighede. Die sneeubedekte bergtoppe in die winter, watervalle, rotskuns, en fuana en flora maak van elke vakansie 'n ervaring vol asemrowende skoonheid.
Swallowfield Rondavels beskik oor 2 vrystaande rondawels wat elkeen 1 slaapkamer het wat lieflike utisgte op die berge bied. Die rondawels het elkeen 'n dubbelbed, eetkamertafel, 2 stoele en 'n en suite-badkamer met 'n bad.
Elke rondawel het 'n sateliet-TV, kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas, ketel en elektriese braaipan. Die rondawels se braai-areas is apart. Die een rondawel, Feathers, het 'n TV met 'n DVD/USB-speler. Spades het ’n plpatskerm-TV met ’n USB DVD-speler. Ons voorsien flieks wat gaste kan geniet. Daar is WiFi in die openbare areas.
Daar is ook ’n drieslaapkamerkothuis op die perseel met gratis WiFi, sateliet-TV, ’n sit-/eetarea, kombuis, badkamer, waskamer, aparte toilet en stoep. Dit bied slaapplek aan 6 gaste. Daar is ook 'n slaapbank vir 'n ekstra gas.
Toeriste kan 'n opvoedkundige byeboerdery-toer onderneem, die splinternuwe Drakensberg Canopy Tours geniet, Falcon Ridge se daaglikse reptiel-demonstrasies bywoon of plaaslike kuns aanskou. Ander gewilde buitelug-doendinge sluit voetslaan, perdry, vierwielmotorfietsry, warmlugballonvlugte en vlotvaart in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
James Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 65
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- R600, Cathkin Park, Central Drakensberg, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Swallowfield Rondavels het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600, Cathkin Park, Central Drakensberg, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal