Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Swartberg Backpackers

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Anneke V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Pragtige akkommodasie wat vrede vir die siel bied! 'n Besonderse spesiale versteekte diamant. Ons het heerlik gebly, geswem, gestap en sal beslis weer gaan. Die eienaar was baie behulpsaam en vriendelik. Die verblyf was netjies, skoon en ingerig met alle benodighede. Die omgewing is beeldskoon en ons het uitgerus teruggekeer. Die grondpad word goed versorg en die plaas is maklik bereikbaar in enige motor.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

John M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Quiet and beautiful. We enjoyed the remoteness of the accommodation, with the lovely walls and beautiful sunset.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Soemaryn M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2023

Verskuilde juweel van die Klein-Karoo. Wat 'n bederf! Die eienaars het al ons vrae geduldig geantwoord en uit hul pad gegaan ons te akkommodeer. Ons het heerlik gekuier saam met familie om die vuur gekuier. My seuntjie het homself gate uit geniet met die diere en trapfietse op die erf. Dis vir seker die moeite werd om waterval toe te stap, dit is 'n stewige stappie, maar ons het dit gedoen met 'n 2 jarige, beplan so 2 tot 3 ure vir die uitstappie. Die huis is baie gerieflik en die uitsig is pragtig. Ons het ook die "hot tub" geniet, die water is heerlik warm en die uitsig oor die dam en berge is idillies. Swartberg Backpackers is ook beskikbaar vir dagbesoekers, so indien iemand in die ongewing is, is die waterval stappie vir seker 'n moet!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jackie P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.2
Aug 2022

Die mense was baie vriendelik, maar die plek was baie onnet buite. Die plek is op 'n baie mooi plek, maar die mop en besem het oor die drade gehang. Oral het goed rondgelê en elektriese drade het rondgehang. Dit was vir ons 'n groot teleurstelling. Die foto's en die plek is nie dieselfde nie. Die gasheer was baie vriendelik. Ek weet nie hoe julle vyf sterre langs hierdie plek kan sit nie.

Netheid
2.0
Diens
5.0
Ligging
1.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0
Louis
Swartberg Backpackers
Baie dankie vir die terugvoer Jackie. Ons is baie jammer dat ons plaas-ervaring akkommodasie vir julle 'n teleurstelling was. Ons is baie trots op wat ons, ons gaste bied en dat baie van hulle graag weer terugkom. Die mop en besem word buite gehou vir maklike gebruik indien nodig en sodat dit droog bly, maar ons sal dit verander. Ons het nie elektrisiteit nie, slegs solarkrag (12V) wat baie veilig is. Ons sal kyk hoe ons die bedrading kan verbeter sodat toekomstige gaste 'n wonderlike ervaring kan hê. Weereens dankie.

Tertia D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2021

Was heerlik, maar net te kort! Dit was absoluut so lekker by Swartberg Backpackers. Die stilte, die asemrowende, fantastiese natuurskone uitsig en sterre het ons in verwondering gelaat. Ons kuiertjie was net te kort. Die gasheer, gasvrou en kinders was baie vriendelik en behulpsaam. Die akkommodasie was keurig, skoon en gerieflik. Waarde vir geld. Sal voorwaar weer teruggaan om staproetes verder te verken. Dankie Louis en Yolande.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Erick K
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2020

Pragtige natuurskoon! Baie dankie aan Louis en sy gesin vir 'n wonderlike ervaring. Die 4-plek-chalet is gerieflik ingerig, met als wat nodig is. 'n Privaat braaiplek met 'n stoepie is buite die chalet en kyk oor die plaas en vlakte uit, ontspannend na 'n lang dag op die pad. Die stap na die waterval was baie lekker! Kinders geniet die plaasopset! Ons sal beslis weer kom inloer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Leila L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2019

Belewenis. Wat 'n heerlike, asemrowende, rustige verblyf. Lekker gaan stap na die waterval en geswem in die dam. Die mense is hartsmense! Ons het in die woonstel gebly en dit was ver bo verwagting. Moenie dat die naam backpackers jou afskrik nie, daar is veel meer as wat nodig is. Baie dankie vir jul vriendelikheid en mooi kitaarspel en sang van die oudste seun. Ons sal die plek verseker onthou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Erika S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2019

Sentrale verblyf in 'n uitsonderlike omgewing. Louis de Jager en sy gesin het ons baie gasvry ontvang. Dit is dié plek om weg te kom van 'n veeleisende lewe, batterye te laai en naby die natuur te wees (maar sonder enige ontberings). Groot verskeidenheid daguitstappies in die pragtige omgewing!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dave U
1 nag
5.0
Apr 2019

Uitstekend. Baie vriendelike, hulpvaardige gashere! Pragtige uitsig en baie gerieflike verblyf!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lizaan C
1 nag Saam met vriende
4.8
Mrt 2019

Fantastiese waarde vir geld. Ons is vriendelik verwelkom, het baie lekker geslaap en die eenheid was lekker ruim met als wat ons nodig gehad het. Hulle is wel op sonkrag stelsels, maar ons het dit glad nie eers agter gekom nie en was eintlik 'n bonus met die beurtkrag op daardie stadium.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Louis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voorbedacht Plaas, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e359c68fbb2c8e518b3d071452edede9479610e958fc219f43f222d09486265a50d44c82f82866673ca51811420cea19af7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 Farm Voorbedacht Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.38175 22.057611111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang