Goeie môre Thea
Baie dankie vir jou terugvoer.
Ek het bietjie gaan kyk na my e-posse, maar ek sien nêrens 'n spesiale versoek vir 'n groter kamer omdat jy 'n hondjie sou saambring nie. Jy het wel op LekkeSlaap gevra vir die kamer met die dubbel- en twee enkelbeddens, maar julle was net 3 persone en daarom het ek julle in 'n kamer gesit met 'n dubbel- en enkelbed. Ons het glad nie gesien dat julle hier was met 'n hondjie nie, maar wel met fietse?
Ons los nie die borde in die kamers nie, want dit word ongelukkig gesteel. Maar ek dink ons was vriendelik en het julle tuis en gemaklik laat voel en daarom is ek dankbaar dat julle die vrymoedigheid gehad het om ons te vra vir die borde.
Ek vra om verskoning oor die beddegoed wat nie lekker geruik het nie. Ons probeer ons uiterste bes om die kamers vars en netjies te hou.
Ons is baie jammer dat julle verblyf nie aangenaam was nie, ons het hoeveel keer verby julle geloop maar daar is niks vir ons gesê nie? Nou word ons gastehuis sleg gemaak op hierdie platform en ek dink nie julle besef watse groot skade dit aanrig nie.
Geseënde week vir julle.
Groete
Sanet