Sylvas
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Forest-rylaan 244, Nature's Valley, 9301, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Sylvas bied verblyf op die hele onderste verdieping van die eienaar se dupleks-woning en in 'n aparte, privaat tuinwoonstel wat onder digte bome in Nature's Valley, 'n versteekte juweel op die Tuinroete, skuil. Die verblyf is in 'n beskermde natuurreservaat waar fynbos plek maak vir 'n inheemse woud en dan weer vir die dorpie wat sy eie ongerepte Blouvlagstrand en strandmeer het. Die selfsorghuis en aparte tuinwoonstel het slaapplek vir altesaam 10 gaste.
Die huis beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed. Daar is 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak in die badkamer. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is sitplek vir 5 gaste in die eetarea en die sitarea het 'n gemaklike rusbankstel en 'n slim-TV. Daar is ook 'n outomatiese wasmasjien en 'n tuimeldroër.
Die tuinwoonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed. Daar is 'n stort en 'n wasbak in die badkamer. Die toilet is apart. Daar is 'n yskassie en 'n koffiestasie in die eenheid.
Die groot stoep skuil onder bome en het ingeboude braaigeriewe, 'n tafel met stoele en 'n buitestort met warm water om seesand af te spoel. Daar is veilige parkeerplek op die perseel agter 'n hek met 'n privaat ingang. Die perseel is troeteldiervriendelik en het 'n heining en hek reg rondom.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
The Fouries Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Forest-rylaan 244, Nature's Valley, 9301, Wes-Kaap
- Gaste dink Sylvas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nature's Valley Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Forest-rylaan 244, Nature's Valley, 9301, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang