Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Syringa Sands Rest Camp

Kampeer/karavaan

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Jacques B
Kort verblyf
5.0
Nov 2024

Beste plek om af te skakel. Ek het verskriklik baie lekker gebly, die beste plek om net af te skakel en weg te breek van die wêreld af. Fasiliteite was skoon en netjies. Lekker vis gevang en daar is eintlik geen woorde om te beskryf oor hoe lekker dit was nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Alex
Syringa Sands Rest Camp
Dankjewel Jacques, wat een fantastische review We are glad you had a good time with us.

Anne E
Kort verblyf
5.0
Aug 2024

Syringa Sands se Rest Camp bied presies dit - rus. Ses van ons het die afgelope Vrouedag-langnaweek by Syringa Sands se Rest Camp gaan rus. Dit was my tweede besoek aan hierdie plaas, en weer was dit 'n onvergeetlike ervaring. Die Rest Camp bied mense wat nie regtig van kampeer hou nie die geleentheid om saam met 'regte kampers' te gaan uitspan. Daar is twee slaapkamers vir die wat liefs nie in 'n tent wil bly nie, en dan is daar ook genoeg ruimte vir 'n tent of boskaravaan. Omdat 'n mens al jou eie dinge saambring (soos wat 'n mens doen wanneer jy gaan kampeer), is dit so gemaklik soos jy dit wil hê. Daar is 'n lieflike dam by die ruskamp en heelwat wild op die plaas. Ons kon ook lekker berfietsry. Die beste deel is die feit dat daar geen selfoonsein is nie. Dit is al hoe 'n mens regtig van jou rekenaar en jou foon af kan wegkom. Die eienaars is baie gaaf en dit is vir my heerlik dat hulle hul grond met ons deel. Ek maak graag weer 'n draai by Syringa Sands.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johannes H
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2023

Net omdat ons 'n tekort gehad het. Ons het onlangs 'n ongelooflike ervaring gehad by Syringa Sands Rest Camp en ek kan dit met 'n geruste hart aanbeveel aan enige persoon wat op soek is na 'n vreedsame en rustige wegbreek. Die gasheer, Alex, was baie vriendelik en behulpsaam, en ons het dadelik tuis gevoel. Haar gasvryheid het die hele ervaring baie aangenaam en maklik gemaak. Die pragtige omgewing en natuurskoon van Syringa Sands het my asem weggeslaan. Die uitsig was asemrowend. Ons kon die vrede en stilte geniet terwyl ons braai, swem en ontspan. Ek kan met sekerheid sê dat ek beslis weer hierheen sal kom. Syringa Sands Rest Camp het my verwagtinge oortref en ek kan nie wag om weer hier te wees nie. Ek beveel dit sterk aan aan enigeen wat 'n rustige en vriendelike bestemming soek. Dankie Alex, sien weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Alex
Syringa Sands Rest Camp
Thank you so much for the wonderful review and your kind words. We love where we are and enjoy what we do, greetings, Sean and Alex.

Frans D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Dit was 'n wonderlike naweek. Ons het die rustigheid vreeslik geniet en het die alleenheid en stilte was besonders. Die omgewing met die diere en die dam en die voëls is iets besonders.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Alex
Syringa Sands Rest Camp
Thank you, Frans, glad you enjoyed the peace and quiet.

Sini H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2023

Ontspan in die natuur! Ons het 'n heerlike naweek by Syringa Sands Rest Camp deurgebring. Het baie gestap. Sabels, elande, koedoes, rooihartbeeste, rooibokke, bastergemsbokke, njalas en kameelperde gesien. Ook 57 verskillende voëlspesies wat die witkruisarend en die bruinarend insluit. Die Rest Camp is goed toegerus. Ablusiegebou voldoende en warm stort heerlik. Nie luuks nie. Lekker gewees om eie beddegoed saam te neem. Sal weer gaan!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Alex
Syringa Sands Rest Camp
Thank you for visiting Sini, excellent feedback on the bird watching.

Janet T
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Feb 2022

Stilte en vrede. Die grondpad was regtig sleg as gevolg van die reën, maar dit is die moeite werd om dit te trotseer. Die kampterrein is netjies en skoon, die sonkragligte op stoep en kombuis was effektief. Onthou flitse, die ablusie het nie ligte nie, maar wel warm water. Die plante veroorsaak dat die water bruin is, maar heeltemal drinkbaar. Pak dus gerus jou eie drinkwater in.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Alex
Syringa Sands Rest Camp
Thank you for your review Janet. We do hope to see you and the family again this year. Small update, solar lighting was installed in the ablutions as well, still a good idea to bring torches just in case.

Frik S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2021

Wonderlik gekuier by Syringa Sands. Die eienaars, Sean en Alex, het die kampplek so ingerig dat daar geensins iets agtergelaat is om te verseker dat dit so gemaklik as moontlik is wanneer jy daar bly nie, en sou jy aan iets dink wat jy dalk sou nodig hê, is dit daar. Julle het vir seker aan alles gedink, ons sal vir seker weer terugkom vir 'n langer tyd. Die natuur word mooi na gekyk en grootste pluspunt is dat daar geen selfoonontvangs is nie, wat 'n plesier. Sean en Alex, baie dankie vir die wonderlike plek wat julle beskikbaar stel om te ontspan en weg te kom van die alledaagse lewe. Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2021

Wonderlike wegbreekplek in die natuur. Wonderlik om in die natuur te kamp met net stilte orals en wild wat stapafstand weg is. Die geriewe is skoon, netjies en vriendelike bystand is naby. Word baie sterk aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Alex
Syringa Sands Rest Camp
Hi Johan, thank you! We hope to see you again next year.

Nicole Jay L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Apr 2021

Baie rustig, mooi uitsig en baie netjies. Ons dit baie geniet. In die dam geswem (water baie skoon). Die ablution was baie skoon. Lekker gekamp!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rudu D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2020

Ongelooflike bestemming Dit is n ongelooflike boskmap met niks. Maar dis die niks wat so lekker is. Groot lapa vir skadu in die hitte van die dag. Skoon ablusie. Maar die uitsigte en die absolute stilte is die rede hoekom ons alweer bespreek het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Alex
Syringa Sands Rest Camp
Thank you! We are glad you and your family enjoyed yourselves.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Alex Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 90

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bakkerspas-weg, Naby Rankinspas, 0512, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4cd7561c233ce3ad5c44457cada21dad8069054df7d4e50e36d273016da74a1bfd44ed0d26a67e2f80901aaedb84e07d0e92?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 8 mense 18 5 1 5 Bakkers Pass Road Near Rankins Pass 0512 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.489610959658 27.811318160693

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang