Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Syringa Sands Forest Cottage

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterpoort Plaas, Bakkerspaspad, Rankinspas, 0512, Limpopo
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Syringa Sands Forest Cottage is op die Kransbergplato in die malariavrye Waterbergstreek in Limpopo. Die bestemming is halfpad tussen Vaalwater en Thabazimbi, 38 km vanaf die Marakele Nasionale Park se ingangshek en 14 km vanaf die Welgevonden Suidhek en Kololo Lodge. Dit is die ideale bestemming vir natuurliefhebbers.

Die selfsorgkothuis skuil in die woud, is geskik vir 4 gaste, en beskik oor 2 slaapkamers, elk met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Een van die slaapkamers het 'n klein lessenaar. Die oopplan-leefarea en -kombuis bied toegang tot 'n onderdakstoep. Die kombuis is goed toegerus met 'n skottelgoedwasser, gasstoof, mikrogolfoond en yskas-vrieskas. Die sitkamer het 'n groot kaggel en 2 dagbeddens vir kinders op versoek. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet en daar is 'n tweede toilet. Daar is ook ’n wasmasjien.

Die wildsplaas bied gaste die geleentheid om af te skakel, maar as gaste moet werk, e-posse stuur of studeer, is daar 4 Mbps se "airfibre" geïnstalleer. Jy sal egter jou eie toestelle en laaiers moet saambring.

In die geval van beurtkrag word die beligting in die sitarea, kombuis en slaapkamers deur sonkrag aangedryf, die WiFi batterystelsel wat 2 ure lank hou en daar is 'n gasstoof in die kombuis.

Die braai-area buite is die ideale plek om sonsondergange te geniet en te ontspan. Wild, insluitend koedoes, elande, sebras en kameelperde loop vrylik rond en die vleiland is ideaal om verskeie voëlsoorte uit te ken.

Gaste word aangemoedig om die plaas te verken; hetsy te voet, of per fiets. Wildritte is beskikbaar op versoek. Parkeerplek op die perseel is beskikbaar by die werkswinkel wat aan die agterkant van die kothuis is. Gaste moet asb. vuurmaakhout of brikette en drinkwater saambring.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Anne-ri B
Saam met lewensmaat
5.0
Serene. We enjoyed a relaxing stay in a beautiful environment. The cottage was well kitted out. Had wonderful sightseeing trips as well...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Ursula H
Gesin met klein kinders
5.0
Stil en rustig. Dit was lekker om daar te bly. Vir mense wat wil wegkom van die gejaag en hulle batterye herlaai, is dit ideaal. Die wildbesigtingstoe...
Sien meer
Jun 2024
Lizelle D
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful, relaxed & peaceful gem in the Waterberg! Van begin tot einde was the host van Syringa Sands in verbinding met ons. Ons kon rondry en alles ...
Sien meer
Feb 2024
Lynette K
Saam met lewensmaat
5.0
If you need a secluded, quiet place, this is it! Syringa Sands is the best!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Marinda L
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike naweek, diep in die bos. Wonderlike ervaring so diep en afgesonder. Die pad is wel lank en moeilik en moet liefs in daglig aangepak word! Ten...
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Alex Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 88

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Rhenosterpoort Plaas, Bakkerspaspad, Rankinspas, 0512, Limpopo
  • Gaste dink Syringa Sands Forest Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterpoort Plaas, Bakkerspaspad, Rankinspas, 0512, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa87255f51721520b3cf275eb3ba27c7c70ee797cdf2bea0c09efacdf60d13e919e8d56afc21fa7465ccb49a6c65a608c999b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense 33 5 1 5 Rhenosterpoort Farm Bakkers Pass Road 0512 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.491683752742 27.824816099538

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang