Taaibos Bush Lodge
Kry 10% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Taaibosstraat 450, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
Vanaf
R3 000R2 700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Taaibos Bush Lodge is in die pragtige en ontspanne dorpie Hoedspruit geleë, naby die bekende Krugerwildtuin en een van die wonderlikste canyons ter wêreld, die Blyderiviercanyon. Die lodge, geleë in die Hoedspruit Wildlife Estate, is splinternuut. Die eiendom bied gaste 'n tuiste weg van die huis, in die middel van die bos maar tog naby alles wat Hoedspruit en omgewing bied.
Gaste kan kies tussen 4 luukse selfsorg-chalets wat in 'n sirkel gebou is en privaatheid bied. Elke chalet het slaapplek vir 2 gaste en is smaakvol gemeubileer met 'n koninggrootte-bed of ekstra groot 2 enkelbeddens. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n bad, binne- en buitestort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die chalets het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, gasstoof, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Dit strek tot by die sitkamer wat met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV gemeubileer is. Gratis WiFi is beskikbaar vir gaste.
Alle chalets het privaat dekke en is rondom die sentrale boma- en swembadarea geplaas waar gaste 'n verfrissende duik in die sprankelende swembad kan geniet. 'n Heerlike ontbyt, wat uit 'n verskeidenheid vars en plaaslike produkte bestaan, is ingesluit en word daagliks in die lapa bedien. Daar is 'n dek langs die swembad, asook 'n lieflike vuurput in die boma waar gaste hul stories kan deel wanneer die son sak.
Dié eiendom bied 'n boskamp-gevoel op 'n gemaklike en luukse manier en is gefokus op gaste wat lief is vir die natuur, maar ook die vryheid wil hê om direk vanaf hul eie huis se voorstoep uit te gaan vir 'n fietsrit of 'n boswandeling.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniek-middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jeroen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Taaibosstraat 450, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Taaibos Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Taaibosstraat 450, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang