Table Mountain Eco Retreat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bridle-weg 25A, Oranjezicht, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R9 500 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Table Mountain Eco Retreat bied selfsorgverblyf en is in Oranjezicht geleë. Die eiendom is ideaal geleë op die grens van die Tafelberg Nasionale Park, en 'n entjie se ry vanaf Kaapstad se sakekern. Die eiendom is semi-losstaande met 'n ander toevlugsoord, maar is heeltemal privaat.
Dié eko-vriendelike huis bestaan uit 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, terwyl die vierde kamer 'n enkelslaapbank het. Hierdie 2 kamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas, 'n oond, 'n gasstoof, 'n mikrogolfoond en ander toebehore. Die oopplan-leefarea het 'n kaggel, 'n TV en lei na die binnehof, wat spog met 'n rotspoel, 'n braai-area en asemrowende uitsigte oor Tafelberg en gedeeltelike uitsigte oor die stad.
'n Enkelmotorhuis, sowel as parkeerplek van en op straat is beskikbaar vir motors. Die eiendom is 'n paar minute vanaf die Van Riebeeckpark-staproete geleë, ongeveer 10 tot 20 minute se ry vanaf verskeie sake- en ontspanningsgeriewe in die middestad, en 25 minute vanaf die V&A Waterfront, afhangende van die verkeer.
Table Mountain Eco Retreat is ideaal geleë net 'n kort entjie se ry vanaf Kampsbaai in die Atlantiese kus ook.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelslaapbank
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
Meer oor dié eenheid
- Patio
- Privaat ingang
- Privaat swembad
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Anna & Bertus Geverifieer
Eiendomme 61
Resensies 76
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Bridle-weg 25A, Oranjezicht, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Table Mountain Eco Retreat het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oranjezicht Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bridle-weg 25A, Oranjezicht, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang