Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Table Mountain Eco Retreat

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bridle-weg 25A, Oranjezicht, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 000 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Table Mountain Eco Retreat bied selfsorgverblyf in Oranjezicht. Dit is op die Tafelberg Nasionale Park se grens geleë en net 'n entjie se ry van die Kaapse middestad af. Die eenheid grens half aan 'n ander oord, maar is heeltemal privaat.

Dié ekovriendelike huis beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gaste-toilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en die vierde kamer het 'n enkelslaapbank. Die slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, gasstoof, mikrogolf en ander toebehore toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n kaggel en TV, en lei na die binnehof met 'n rotsplonspoel, braai-area, 'n lieflike uitsig op Tafelberg en 'n gedeeltelike uitsig oor die stad.

Parkeerplek is in 'n enkelmotorhuis, op die perseel en in die straat beskikbaar. Dis net 'n paar minute se ry vanaf die Van Riebeeckpark-voetslaanroete, sowat 10 tot 20 minute se ry vanaf verskeie sake- en ontspanningsgeriewe, en ongeveer 25 minute se ry vanaf die V&A Waterfront.

Table Mountain Eco Retreat is ook net 'n entjie se ry vanaf Kampsbaai in die Atlantiese Seekus.

Kamer-opset

Slaapplek vir 7 mense 4 Slaapkamers 5 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

1

1 x Enkelslaapbank

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Anna & Bertus Geverifieer

Eiendomme 64

Resensies 77

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Bridle-weg 25A, Oranjezicht, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Table Mountain Eco Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 000
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R 6 000
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bridle-weg 25A, Oranjezicht, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdf7592f1e670a1425e2c0d2ed115827912686c8e2eaf1c11a1d6942717b9f880f9a63fceb09890c50b136a0b889634fb6a5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 000 per nag (plek vir 7) 1 5 1 5 25A Bridle Road Oranjezicht 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -33.946800177872 18.416654927578

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang