Talama Lodge
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 21 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, Ga Phasha Village, Matoks (Botlokwa), 0819, Limpopo
- Vanaf R450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Talama Lodge is op die N1 by Ga Phasha Village, net 6 km buite Matoks, ook bekend as Botlokwa, in Limpopo. Dit is 'n ideale oornagplek vir gaste wat tussen Johannesburg en Zimbabwe reis. Die lodge is net 61 km van Polokwane en 50 km van Louis Trichardt af.
Verblyf is beskikbaar in 10 gastekamers. Daar is 3 selfsorgkamers, elk met slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet, 'n TV en lugversorging. Dan is daar 'n gastekamer met 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n stort en toilet, asook 'n TV, lugversorging en 'n klein, aparte kamer met 'n enkelbed. Die 6 standaardkamers het elk 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet, asook 'n TV en lugversorging.
Die lodge het 'n konferensiesaal met plek vir 300 mense, en 'n kleiner saal met plek vir 15. Talama Lodge het 'n pragtige, skoon en goed versorgde swembad.
Ekstra geriewe sluit braaigeriewe, gratis WiFi en veilige parkeerplek in.
Die lodge bied privaatheid in die natuur.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Acton Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- N1, Ga Phasha Village, Matoks (Botlokwa), 0819, Limpopo
- Gaste dink Talama Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Limpopo
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 21 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, Ga Phasha Village, Matoks (Botlokwa), 0819, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang