Tamarisk 39
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jackie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 5 jaar
Opsomming van Resensie
Nico C - Mei 2024
Algehele gradering
Beslis waarde vir geld in veilige omgewing. Alles wat nodig is, word in die eenheid voorsien.
Tamarisk 39 se terugvoer
Nico, dit was 'n voorreg om jou as gas te hê. Baie dankie dat alles so mooi netjies is agtergelaat. Jy het die kort tydjie hier nuttig gebruik om Jeffeysbaai en omgewing te verken. Mooi bly
Johann E - Mrt 2024
Algehele gradering
Rustigheid met 'n baie mooi view.
Tamarisk 39 se terugvoer
Johann, julle was wonderlike gaste, julle het omtrent die hele kontrei hier verken. Dankie vir die netjiese woonstel agtergelaat en daarom wil ek julle 10 uit 10 gee vir die aangename en rustige gaste wat julle was. Julle is enige gastehuis se droom gaste. Mooi loop
Jannie S - Feb 2024
Algehele gradering
Gasvrou baie vriendelik. Akkommodasie is pynlik netjies en stil en veilige omgew.
Tamarisk 39 se terugvoer
Jannie, jy en jou vrou was uitmuntende, rustige, aangename en so netjiese mense. Dit was 'n groot plesier om julle hier te ontvang vir die naweek. Kom weer asb.. Jbay groete, Jackie.
Anneke W - Jan 2024
Algehele gradering
Wonderlike tydjie gehad in hierdie baie netjiese, veilige verblyf.
Tamarisk 39 se terugvoer
Anneke, dit was 'n plesier om jou en jou vriendin hier te hê vir die naweek. Julle was sulke rustige gaste en ek hoop julle het lekker uitgerus. Baie dankie vir die mooi netjiese woonstel wat julle agtergelaat het. Ek ontvang julle met graagte weer enige tyd.
Sterkte vir die week
Jeffreysgroete
Jackie
Gertruda N - Apr 2023
Algehele gradering
Netjies en alles wat jou verblyf gemaklik maak.
Tamarisk 39 se terugvoer
Lekker gewees om julle hier te hê. Was so jammer vir julle oor die ongure weer en dat julle nie julle stalletjie tot sy reg kon laat kom het nie. 'n Volgende keer bestel ons beter weer so oor 'n langnaweek. Baie groete en julle was vyfster gaste. Sterkte met al die besighede.
Jbay groete,
Jackie
Njabulo D - Feb 2023
Algehele gradering
So peaceful and homely.
Tamarisk 39 se terugvoer
Thanks Njabulo, it was a pleasure to have you. You were a very pleasant guest, we hardly know that there was somebody downstairs. Thanks for the clean flat after you left, you are really a five-star guest.
Love to have you again.
Jbay greetings
Jackie
Jeanri V - Jan 2023
Algehele gradering
Verskriklik lekker gebly!
Tamarisk 39 se terugvoer
Dit was een groot plesier met julle almal hier. Julle is 'n pragtige gesin. Sal julle graag weer in die toekoms wil ontvang. Jbay groete. Jackie en Wynand
Chris V - Okt 2022
Algehele gradering
Dit het gevoel soos my huis van die huis af.
Tamarisk 39 se terugvoer
Dit was 'n groot plesier om julle hier te ontvang vir die paar dae, so bly dat julle Jeffreysbaai so kon geniet
alhoewel julle so hard gewerk het, julle is enige tyd weer welkom by Tamarisk 39. Julle was vyf ster gaste.
Sien uit om julle weer te ontvang.
Groete Wynand en Jackie
Hannes V - Jul 2022
Algehele gradering
Amazing location en groot spasie.
Tamarisk 39 se terugvoer
Dankie Hannes, ek is bly julle het lekker gebly en darem ook baie kon surf. Julle was 5-ster gaste. Kom kuier gerus weer hier by Tamarisk 39.
Jbay-groete
Wynand en Jackie
Tony S - Mei 2022
Algehele gradering
The hosts were very accommodating and friendly.
Tamarisk 39 se terugvoer
It was a pleasure to host the 4 of you. I am very happy to hear you enjoy the stay, we hope to see you in the future.
Marnus J - Apr 2022
Algehele gradering
Better than home.
Tamarisk 39 se terugvoer
Marnus, jy en Tammy was vyf-ster gaste, bly julle het die kuier hier by Tamarisk 39 geniet.
Jbay groete
Jackie
Audrey V - Sep 2021
Algehele gradering
Fantastic, 100 out of 100 for Tamarisk 39 and the owners.
Tamarisk 39 se terugvoer
Dankie Audrey,
Julle was 5-ster gaste.
Alles was so mooi skoon en versorg toe julle vertrek het.
Sal julle graag weer wil ontvang.
'n Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwe Jaar vir julle en julle pragtige familie.
Lovies
Wynand en Jackie
Beryl W - Sep 2020
Algehele gradering
Die eienaar is baie vriendelik
Tamarisk 39 se terugvoer
Julle was wonderlike gaste. Alles so netjies agtergelaat, ontvang julle weer graag by Tamarisk.
Charlyn M - Apr 2019
Algehele gradering
Will not recommend this to people who are sociable!
Tamarisk 39 se terugvoer
Die bespreking was vir 5 volwassenes en 1 kind. By aankoms was julle egter 11 en met navraag het jy gemeld dat die ander die aand gaan ry. Een van jou gaste het my egter kom spreek en gemeld dat julle 3 ekstra mense is wat gaan slaap en ek het ingestem vir 'n minimale bedrag wat sy egter eers die 25ste van die maand aan my sou oorbetaal. Ons het geen klagtes oor julle gesels en gelag gehad nie, totdat julle Saterdagaand middernag in 'n hewige rusie betrokke geraak het sodat die bure ons geskakel het, ons het besluit dit is nutteloos om met mense onder die invloed te redekabel.
Om dié rede het ek julle die Sondagoggend versoek om liewers die perseel te verlaat en die uitstaande bedrag te laat vaar. Ons kan ongelukkige nie sulke uitermatig oproerige byeenkomste akkommodeer nie.
Reonald H - Mrt 2019
Algehele gradering
Rustige area, geen honde wat blaf deur die nag, of motors wat verbyjaag nie.
Lees meerNelie T - Mrt 2019
Algehele gradering
We had the best stay at Tamarisk.
Tamarisk 39 se terugvoer
Dankie Nelie, dit was alles so mooi netjies en skoon nadat julle weg is, kom vat gerus 'n ruskansie weer hier by Tamarisk 39,
Jbay groete Wynand en Jackie
David V - Feb 2019
Algehele gradering
The owner was very friendly. Will surely recommend this place if you need a break away from the office.
Tamarisk 39 se terugvoer
Baie dankie David, julle was wonderlike gaste. Dit was so lekker om julle hier te hê, julle is altyd weer welkom.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tamarisk Square 39, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap