Tamboti Lodge 45
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beauty-weg, Tambotirivier Privaat Wildreservaat, Lephalale, 0557, Limpopo
- Vanaf R9 700 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Tamboti Lodge 45 is 'n pragtige lodge in privaat besit wat in die Tambotirivier Privaat Wildreservaat geleë is. Hierdie ruim lodge is in die hartjie van die Waterberg-bosveld geleë en is 'n ideale opsie vir 'n groep vriende of 'n groot gesin, aangesien hierdie ruim lodge spog met 'n uitnodigende swembad en uitkyk oor die omliggende bosveld.
Dié lodge kan gemaklik altesaam 10 gaste op 'n slag akkommodeer en bestaan uit 'n hooflodge en 'n aparte chalet wat albei saam verhuur word. Die hooflodge beskik oor 3 en suite-slaapkamers en die chalet beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 2 koningingrootte-beddens. Die eerste 2 slaapkamers in die hooflodge is albei ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Hierdie 3 en suite-badkamers het óf 'n bad óf 'n stort of albei. Die chalet het ook 2 badkamers waarvan die een 'n stort het en die ander 'n bad en 'n stort het. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die hooflodge beskik oor 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n Nespresso-masjien. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Langs hierdie sitkamer is 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die aparte chalet beskik ook oor 'n volledig toegeruste kombuis.
Boonop het die hooflodge 'n vermaakkamer met 'n pooltafel, 'n TV met DStv en 'n gasbraai. Buite is daar 'n ruim patio met sonstoele en 'n uitnodigende swembad vir gaste om op daardie warm somersdae af te koel. Dié stoep het ook 'n tiekiekroeg en 'n vuurmaakplek waar gaste saans kan saamdrom en 'n skemerkelkie kan geniet. Die chalet het ook sy eie stoep en braaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Elna Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Beauty-weg, Tambotirivier Privaat Wildreservaat, Lephalale, 0557, Limpopo
- Gaste dink Tamboti Lodge 45 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beauty-weg, Tambotirivier Privaat Wildreservaat, Lephalale, 0557, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang