Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tarentaalrand Safari Lodge Chalet 2

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Tarentaalrand, Langs die R64, Kimberley, 8301, Vrystaat
  • Vanaf R2 300 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Tarentaalrand Safari Lodge Chalet 2 is in 'n privaat natuurreservaat naby Kimberley in die Vrystaat geleë. Hierdie natuurreservaat spog met 26 dierspesies, insluitend 2 van die Groot Vyf, naamlik Buffels en Leeus.

Dié dubbelverdieping-chalet het slaapplek vir 6 gaste, 2 slaapkamers en gaste deel 'n badkamer met 'n stort. Die kamer op die boonste verdieping het 4 enkelbeddens, terwyl die slaapkamer op die grondverdieping 'n koninggrootte-bed het. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die chalet lei na 'n stoep met 'n privaat braai-area. Veilige parkeerplek is beskikbaar, maar dit is nie direk by die chalet nie.

Dele van die chalet word deur trappe bereik en is moontlik nie vir kleuters, bejaardes of gaste met gestremdhede geskik nie. Gaste kan die gemeenskaplike sitarea gebruik wat 'n TV met DStv het. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad. Die perseel bied wild- en voëlkykgeleenthede.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Erika Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 23

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Plaas Tarentaalrand, Langs die R64, Kimberley, 8301, Vrystaat
  • Gaste dink Tarentaalrand Safari Lodge Chalet 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Tarentaalrand, Langs die R64, Kimberley, 8301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1d2b8084a5b15d357f2bac237097e30618451751929b0a5a02c1fed6dba2270e03656bd258a5ba9d9d1853b6ac1246342c27?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag, vir 6 mense 1 5 1 5 Farm Tarentaalrand Off the R64 8301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.669856672532 24.940235332348

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang