Tecoma 38 at JBay
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Tecoma-staat 38, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Tecoma 38 at JBay bied selfsorgverblyf in die kusdorpie Jeffreysbaai. Dié bekende branderplank-bestemming het heelwat besienswaardighede, pragtige strande en uitstekende branders vir branderplankry.
Verblyf word in 3 slaapkamers in die hoofhuis, 'n tweeslaapkamerwoonstel of 'n eenslaapkamer-eenheid gebied. Al die eenhede het 'n privaat ingang en 'n kombuis wat vir selfsorg toegerus is. Elke eenheid het 'n TV met DStv, in die leefarea en sommige van die eenhede lei na 'n balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig of 'n uitsig oor die swembadarea. WiFi is ook beskikbaar en gaste moet hulle eie aanmeldbesonderhede gebruik om DStv te kyk. Elke eenheid het sonpanele en 'n omsetter, en word nie deur beurtkrag geraak nie.
Gaste in die hoofhuis het privaat toegang tot die swembad met braai-area. Die ander 2 eenhede het toegang tot 'n balkon met die mooiste uitsig en Weber-braai op balkon. Daar is parkeerplek op die perseel. Dis net 50 m vanaf die see en 70 m vanaf 'n bekende branderplankbestemming Lower Point. Die wêreldbekende branderplankbestemming Supertubes is slegs 5 min se stap.
Jeffreysbaai bied verskeie doendinge, soos swem, branderplankry, visvang, kanovaart, perdry, gholfspeel, riviervaart, ziplining, perderitte op die strand en vierwielmotorfietsry.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Edna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Tecoma-staat 38, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Tecoma 38 at JBay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Tecoma-staat 38, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang