Tenahead Mountain Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tenahead Lodge, Naudes Nek-pas Rhodes, Rhodes, 6170, Oos-Kaap
- Vanaf R3 580 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Tenahead Mountain Lodge is 'n versteekte juweel wat skuil in 'n beskutte gedeelte van die Oos-Kaap in Suid-Afrika. Die skouspelagtige lodge is op Lesotho se grens, 2500 m bo seevlak en word omring deur die asemrowende natuurskoon van die Drakensberge, Witteberg en Malutiberge.
Verblyf word gebied in Luukse en suite-kamers. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Elke kamer het ook 'n yskassie met voorraad, tee- en koffiemaakgeriewe en DStv. Die kamers het ook oop kaggels wat aangesteek word wanneer dit sneeu. Daar is dubbelglasvensters in elke slaapkamer wat 'n panoramiese uitsig op die pragtige berge en oor die valleie bied.
Die lodge het 3 sitareas, 'n ontbytkamer, hoofeetkamer en 'n biblioteek. Al die ruim leefareas in die lodge word verhit deur oop kaggels wat pragtig versier is. Die lodge het ook 2 houtdekke waar middagetes en skemerkelkies genuttig kan word as die weer dit toelaat. Verder is daar 'n wynkelder vol voorraad en word Suid-Afrikaanse geregte met Oosterse en Europese kinkels voorgesit.
Tenahead is 'n absolute paradys vir natuurliefhebbers. Dit is die tuiste van talle bokke en kleiner diertjies, soos rooikatte, jakkalse, konyne, amfibieë, reptiele en meer as 300 voëlspesies. Die heuwels en valleie bars uit hul nate van die veldblomme en saans glimmer miljoene sterre in die naghemel. Winters by Tenahead is snerpend koud met sneeu wat soos 'n kombers op die grond lê, en die somers is kraakvars met moontlike donderstorms.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Wynkelder
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Internet
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Tanja Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 90
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Tenahead Lodge, Naudes Nek-pas Rhodes, Rhodes, 6170, Oos-Kaap
- Gaste dink Tenahead Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Suidelike Drakensberge Oos-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tenahead Lodge, Naudes Nek-pas Rhodes, Rhodes, 6170, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang