Terra-Nova Akkommodasie
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suikerbosweg 14, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R730 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Terra Nova Akkommodasie bied bekostigbare knus akkommodasie in 'n veilige omgewing. Terra Nova is sentraal geleë en naby aan Durbanville Mediclinic,winkels ,gholfbaan,rolbalbaan, en wynroetes.
Daar is drie selfsorg eenhede beskikbaar waaruit gekies kan word afhangende van die gaste se voorkeure.
Eenheid Esmé is 'n een slaapkamer eenheid met 'n en-suite badkamer en 'n oopplan gallery styl kombuis/kuier area met DSTV en gratis WiFi. Toegang tot die eenheid is vanaf die toesluit motorhuis wat deel vorm van die eenheid.'n Privaat buite kuier area met 'n geboude braai en sitplekke maak dit 'n gesogte eenheid vir gaste.
Eenheid Maria is 'n een slaapkamer eenheid met 'n en-suite badkamer met 'n aparte gallery styl kombuis/kuier area met DSTV en gratis WiFi. Private toegang tot die eenheid is deur 'n ruim kuier/braai area onder bome met voldoende skadu in die somermaande. Al die vertrekke het deure wat na die privaat area uitleef. Parkering is net buite die eenheid.
Eenheid Julia is 'n oopplan "bachelors" eenheid met 'n en-suite badkamer. Die eenheid het 'n gallery styl kombuis met 'n eettafel en 'n rusbank. Die TV pakket is "streaming" met gratis WiFi. Daar is 'n privaat kuier/braai area net buite die eenheid onder 'n groot boom. Parkering is langs die eenheid.
'n Kontinentale ontbyt kan vooraf versoek word tydens bespreking. Dit sluit in : yoghurt,muesli,'n vars vrug, vrugtesap,beskuit,koffie en tee. Die ontbyt is betaalbaar met aanjkoms aan die eienaar teen R65 per ontbyt.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Nico Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Suikerbosweg 14, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Terra-Nova Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suikerbosweg 14, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang