Thaba Lapeng Mountain Escape
Kry 15% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag. Geldig vir verblyf vanaf 7 Mrt 2025 tot 9 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thaba Lapeng Mountain Escape, R711, Clarens, 9707, Vrystaat
-
Vanaf
R1 030R876 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Thaba Lapeng Mountain Escape is sentraal geleë in die oostelike Vrystaat en is slegs 10 kilometer buite Clarens. Ons voorsien gerieflike luukse selfsorgverblyf, met 'n manjifieke, panoramiese uitsig op die bergreekse rondom Clarens en omgewing.
Verblyf word voorsien in 3 oop-plan chalets met selfsorggeriewe langs die hoofhuis en 2 kamers in die hoofhuis wat basiese verblyf bied. Dié 2 kamers is deel van die hoofhuis, maar beskik oor hul eie privaat ingange op die stoep.
Die selfsorg chalets het elkeen 'n oop-plan uitleg met 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer, sitkamer en slaapkamer. Daar is ook 'n en-suite badkamer met 'n bad, wasbak, stort en 'n toilet. Elke chalet het sy eie ingeboude braaigeriewe op sy eie stoep. Linne en handdoeke word voorsien. Skoonmaakdienste kan op versoek voorsien word teen 'n nominale fooi, uitgesluit Sondae en openbare vakansiedae.
Die 2 kamers is toegerus met ‘n mikrogolfoond en ‘n koffiestasie met koffie, tee, beskuit, melk en suiker wat daagliks aangevul word. Daar is ook 'n yskas in Suikerbekkie kamer. Linne en handdoeke word voorsien. Elke kamer het 'n en-suite badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kamers is nie toegerus vir selfsorg nie en daar is ook nie toegewyde braaigeriewe vir die kamers nie. Eetgerei en breekware word egter voorsien en elke dag omgeruil.
Al die chalets en kamers het verwarmers en elektriese komberse vir koue winternagte.
Dit is die ideale oornagplek wanneer jy Clarens en die Oos-Vrystaat besoek om te ontspan, of op pad is na Lesotho, of as jy 'n troue by een van die verskeie venues naby bywoon.
Ons is ook ideaal geleë vir diegene wat hulleself wil voorberei vir uithou wedlope (per voet of per fiets) weens ons hoogte bo seespieël, asook die terrein wat sekere uitdagings stel.
Daar is 'n swembad op die perseel wat deur gaste gebruik kan word. Swemhanddoeke word egter nie voorsien nie en gaste moet asb self sorg daarvoor.
Gratis wi-fi word voorsien, terwyl daar ook 'n kragopwekker beskikbaar is gedurende beurtkrag.
Gaste kan ook op die plaas gaan stap, asook op die aangrensende plaas wat wild op het.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Gerhard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 152
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Thaba Lapeng Mountain Escape, R711, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Thaba Lapeng Mountain Escape het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thaba Lapeng Mountain Escape, R711, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang