Thaba Tsweni Lodge
Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 506 Berlin, Berlynwaterval, Blyderivierspoort, Graskop, 1270, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 550R1 240 per nag (plek vir 2) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Thaba Tsweni Lodge beteken 'berg van die bobbejaan' in Sesotho en dis in die Blyderivierspoort-area van Mpumalanga geleë. Dit vorm deel van Mpumalanga se Panoramaroete.
Die selfsorg-chalets het hul eie tuine met braaigeriewe en veilige onderdakparkeerplek. Elke chalet is volledig ingerig met 'n sitkamer met 'n kaggel en 'n TV met plaaslike kanale. Die chalets het 'n eetkamer of 'n eetarea en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, elektriese braaipan, mikrogolfoond en 'n koffiemasjien. Al die badkamers het storte en baddens. Hout word vir die kaggel voorsien en daar is olieverwarmers.
Gaste moet net hul eie klere, kos en swemhanddoeke saambring. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar en daar is 'n wasgoeddiens teen 'n ekstra fooi. 'n Lughawependeldiens vanaf Hoedspruit en Mbombela (Nelspruit) kan op versoek gereël word.
Die lodge word deur 'n familie besit en bestuur en dis ideaal geleë naby besienswaardighede soos die Krugerwildtuin, Blyderivierspoort, die Drie Rondawels, God's Window en Pelgrimsrus. Die lodge is binne stapafstand van die Berlin-watervalle, 10 km vanaf Graskop en 30 km vanaf Sabie met verskeie restaurante en winkeltjies. Thaba Tsweni Lodge is deel van die Thaba Tsweni-groep wat toere en daguitstappies na al die besienswaardighede met 'n gekwalifiseerde toergids aanbied.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Duits
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Wendel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Plaas 506 Berlin, Berlynwaterval, Blyderivierspoort, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Gaste dink Thaba Tsweni Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Blyderivierspoort Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 506 Berlin, Berlynwaterval, Blyderivierspoort, Graskop, 1270, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang