Thandolwami Bushlodge & Spa
- Kapasiteit: 12 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R257, Ndlovumzi Natuurreservaat, Liverpool-plaas 39, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R2 720 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Thandolwami Bushlodge & Spa is in 'n 100 hektaar omheinde area binne 'n wildreservaat 35 km buite Hoedspruit. Dit is ideaal vir natuurliefhebbers of gesinne wat op soek is na 'n ontspannende wegbreek in die bosveld.
Daar is 3 chalets en 'n losstaande boshuis wat apart van die hooflodge is. Elke grasdak-chalet het lugversorging en 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die en suite-badkamers het 'n stort. Daar is 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en gratis WiFi in elke chalet.
Die privaat boshuis beskik oor 3 en suite-slaapkamers, elk met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die en suite-badkamers het storte. Die huis het 'n goed toegeruste kombuis, 'n oopplan-leefarea en 'n privaat swembad. Braaigeriewe en WiFi is beskikbaar.
Die hooflodge het 'n swembad langs die sentrale eetarea. Gaste kan om die gemeenskaplike vuurput ontspan en die stere kyk. Die lodge het 24-uur ontvangs.
Die reservaat is die tuiste van 'n verskeidenheid wilde diere soos kameelperde, volstruise, rooibokke en swartwitpense wat almal vrylik rondloop.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- R257, Ndlovumzi Natuurreservaat, Liverpool-plaas 39, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 12 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R257, Ndlovumzi Natuurreservaat, Liverpool-plaas 39, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang