Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Thatch Manor on 5th

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 763, Wildernis, 6539, Wes-Kaap
  • Vanaf R975 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Thatch Manor on 5th bied 2 selfsorg-eenhede in die skilderagtige dorpie Wildernis op die Tuinroete in die Wes-Kaap. Dit bied privaat verblyf wat geskik is vir 'n paartjie.

Die Lavender Suite is 'n grasdak, vrystaande kothuis met 'n oopplan-slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, tweeplaatgasstoof, yskas, en 'n wasbak, asook 'n aparte badkamer met 'n stort. Geriewe in die kamer sluit 'n platskerm-slim-TV met stroomdienste vir platforms soos Netflix, YouTube asook die volle DStv-pakket in. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is 'n UPS vir tydens beurtkrag. Veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek en 'n houtheining is op die perseel beskikbaar. Daar is 'n gesellige, privaat binnehof het braaigeriewe.

Die Blue Coral Suite is langs die hoofhuis, maar is privaat met sy eie ingang. Die suite het 'n oopplan-slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort. Die eenheid het 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket en 'n TV Box met stroomdienste soos Netflix en Amazon Prime. Gratis WiFi met 'n UPS vir tydens beurtkrag is beskikbaar. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, tweeplaatgasstoof, yskas en 'n wasbak toegerus. Daar is ook ander items wat nodig is vir ontspanne vakansie. Daar is 'n eetarea in die suite met 'n uitsigte oor die tuin en die swembad. Die buite-area is perfek vir 2 om die braaigeriewe te geniet. Veilige parkeerplek agter 'n houtheining en 'n afstandbeheerde hek is op die perseel beskikbaar.

Albei suites het toegang tot 'n swembad.

Thatch Manor on 5th is perfek geleë vir gaste wat die Tuinroete verken. Die stylvolle verblyf is net 7 minute se stap na die strand en 4 km vanaf Wilderness Village met restaurante, kroeë en die Milkwood Village Market. Daar is 'n oorvloed buitemuurse aktiwiteite in die area wat aan alle soorte fiksheidsvlakke en vereistes voldoen, asook pragtige natuurskoonritte en interessante plekke om te besoek.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Chantal D
Saam met lewensmaat
5.0
Tranquil stay in a beautiful part of the world. A relaxing stay in airy, clean and quiet accommodation in a beautiful environment. Clos...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Nicolaas B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. Our stay was amazing. We were spoilt with a bottle of wine, rusks and charcoal for a braai. We would highly recommend Thatch...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Ockie M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly, baie gerieflik en modern en sal enige tyd weer daar inboek. Ons tweede besoek hier, pragtige eenheid met die vriendelikste eienaars...
Sien meer
Feb 2024
Deidre S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf en kliënte diens. Een van ons lekkerste vakansies ooit. Ons kon nie vir beter verblyf gevraag het nie.
Des 2023
Heila B
Saam met lewensmaat
5.0
Penny het ons verwelkom met 'n bottel wyn wat ons baie waardeer her. Daar is alles wat jy nodig het, van filterkoffie tot rooibostee. Thatch Manor is ...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Penny Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 5de Laan 763, Wildernis, 6539, Wes-Kaap
  • Gaste dink Thatch Manor on 5th het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R975
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R975
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 763, Wildernis, 6539, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa99f8326d7fe09301a6b16a706041d8088b332309401f735b55a40a84125b46c49d2c9ec0065aa554a4692e543fdcaa83f93?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R975 per nag (plek vir 2) 42 5 1 5 763 5th Avenue Wilderness 6539 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.999329653385 22.618407726713

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang