Aloe Canyons Guestfarm
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 29 Sep 2024 tot 12 Des 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cloeteskraal, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 100R733 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Aloe Canyons Guestfarm bied lieflike selfsorgverblyf in 'n wildkamp net buite Swellendam. Gaste kan wild soos elande, koedoes en springbokke vanaf hul stoep sien. Aloe Canyons is ongeveer 25 km vanaf Swellendam, 21 km vanaf Malgas en 24 km vanaf De Hoop Natuurreservaat geleë.
Die eenhede het slaapplek vir tussen 2 en 8 gaste en bied genoeg privaatheid, maar is ook naby genoeg aan mekaar vir groepbesprekings.
Canyon Cottage is 'n oopplan-kothuis met 'n en suite-slaapkamer, kombuis, sitarea en binnebraai. Hierdie kothuis is perfek vir 'n paartjie en 'n romantiese wegbreek.
Die ruim Rooidakhuis bied slaapplek aan 8 gaste, maar het ook slaapplek vir 'n paartjie of 'n kleiner groep vriende of familie. Dit het 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het, 'n solderarea met 4 enkelbeddens, 2 badkamers, kombuis, binnebraai/kaggel en 'n leefarea wat na 'n lieflike groot stoep met 'n buitebraai lei.
Gaste kan fietsry, draf, in die rivier swem, rustig in die wildkamp stap of net op die stoep ontspan en die pragtige uitsig geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Marthie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 134
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Cloeteskraal, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Gaste dink Aloe Canyons Guestfarm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Cloeteskraal Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cloeteskraal, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang