The Aloe House
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Terrace View-singel 76, Balugha Rivierlandgoed, Glengariff, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Aloe House bied verblyf in 'n selfsorg-suite of die hele perseel, naamlik The Aloe House Vacation Home. Hierdie verblyf is op 'n veilige landgoed in Glengariff. Die suite spog met 'n pragtige uitsig oor die rivier, met voëlspesies, soos visarende, en wild, soos vlakvarke, bosbokke, blesbokke en rooibokke.
Die goed ingerigte suite staan as die Protea-suite bekend en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n aparte, goed toegeruste oopplan-kombuis met die nodige toebehore om maaltye voor te berei en gaar te maak. Komplimentêre tee, koffie, suiker en melk word ook voorsien.
Die Aloe House Vacation Home beskik oor 4 en suite-slaapkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 1 aparte kombuisie, ruim leefareas, 'n kaggel en 'n groot dek met 'n swembad en pizza-oond.
Daar is parkeerplek vir voertuie op die perseel. Die Aloe House is naby die strand, met talle restaurante en doendinge lekker naby.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Janine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Terrace View-singel 76, Balugha Rivierlandgoed, Glengariff, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
- Gaste dink The Aloe House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Glengariff Wildekus Oos-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Terrace View-singel 76, Balugha Rivierlandgoed, Glengariff, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang