The Aloes Farm
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 12D D494, Langs Hilton College-weg, The Aloes Farm, , 3245, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Aloes Farm bied selfsorgverblyf op 'n werkende kleinhoewe wat aan Hilton College grens. Dis naby Hillton Village met winkels, restaurante en koffiewinkels.
Verblyf word in 2 moderne selfsorgeenhede naamlike The Studio en The Gallery aangebied.
The Studio beskik bied slaapplek aan 6 gaste en oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n werkstasie vir 'n skootrekenaar. Hierdie slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n hoekbad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Elke kamer het 'n verwarmer teen die muur vir die koue aande.
Daar is 'n oopplan-kombuis met 'n yskas, mikrogolf, stoof en oond, asook 'n eetkamer met 'n groot geelhouttafel waar gaste maaltye kan geniet. Die sitarea lei na die leefarea en het gemaklike meubels rondom 'n kaggel, met 'n slim-TV aan die een kant. Vuurmaakhout word vir die kaggel voorsien.
Die leefarea lei deur dubbeldeure na 'n groot stoep waar gaste die uitsigte en middagson kan geniet. Die gemaklike rusbanke en swaaistoel is die ideale plek waar gaste 'n koppie koffie kan geniet, terwyl die kinders in die tuin speel. Die stoep het braaigeriewe, asook 'n etenstafel met sitplek vir 8 en rusbanke vir buitelugvermaak.
The Gallery is 'n moderne drieslaapkamerkothuis met 'n pragtige uitsig oor die Albert Falls-dam. Daar is 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens en en suite badkamers met 'n stort of bad, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Twee van die badkamers is en suite. Die oopplan-leefarea het 'n toegeruste kombuis, sitarea en 'n eetarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, stoof, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV teen die muur en 'n kaggel. Die leefarea lei na 'n stoep met sitplek en draagbare braaigeriewe. Die stoep lei na 'n vuurput met 'n uitsig.
Die netjiese tuin is met 'n elektriese heining omhein en daar is 'n organiese groentetuin waar gaste blaarslaai, kruie en spinasie kan pluk. Gaste is welkom om op die plaas te wandel en daar is baie spasie vir kinders om te speel.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Shelagh Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Plaas 12D D494, Langs Hilton College-weg, The Aloes Farm, , 3245, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Aloes Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 12D D494, Langs Hilton College-weg, The Aloes Farm, , 3245, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang