Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Angels Place Boutique Hotel

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rubenstein-rylaan 610, Moreletapark, Pretoria-Oos, 0044, Gauteng
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Angel's Place is 'n toevlugsoord vir liggaam en siel met al die geriewe wat 'n sakereisiger benodig. Hierdie boetiekhotel bied luukse Angel-suites, 'n elegante restaurant, 'n venue vir konferensies of troues, en VIP- en privaat ontmoetingsareas. Angel's Place is 'n uitsoek-bestemming wat verfynde akkommodasie, naweek-etes en teepartye aan diplomate, sakelui en vakansiegangers bied.

Hier is verskeie luukse beddens en kussings om van te kies om aan ons gaste 'n goeie nagrus te verseker. Net die beste linne, satelliet-TV, japon en pantoffels, fluweelsagte handdoeke, kruie- en organiese seep, sjampoe en lyfroom word in elke suite voorsien. Elke suite het lugversorging wat vir enige seisoen ingespan kan word en beskik oor versierings en tekstiele wat van regoor die wêreld afkomstig is. Vars blomme en vrugte word daagliks voorsien. Jy het ook 'n privaat 24 uur-butler tot jou beskikking.

Die restaurant bied ware elegansie, kompleet met kandelare en silwerware. Geniet die hemelse bederfies by hierdie hotel wat sy diens met takt aanbied. Personeel met wit handskoene sal aan al jou persoonlike en fynproewers-behoeftes aandag skenk. Fynproewerdisse in delikate, maar voldoende porsies en verskeidenheid, prikkel die palet. Vir diegene wat die buitelug verkies is daar 'n teetuin op die terras met gemaklike stoele in die skadu van 'n gazebo of in die son. Waterfonteintjies streel die gemoed.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Restaurant op Perseel

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Francois F
Besigheidsreis
5.0
Uitstekende fasiliteite. Baie lekker en baie gasvry.
Aug 2024
Drusilla V
Saam met lewensmaat
5.0
Great overnight stay. It was lovely, thank you.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Wessel R
5.0
Ons kuier by Angels Place was absoluut fantasties. Rosemarie is 'n wonderlike gasvrou en gaan beslis die ekstra myl om haar gaste se verblyf 'n wonder...
Sien meer
Sep 2023
Sanet D
5.0
Uit die boonste rakke! Alles was perfek en uniek. Dit was een vir die boeke en dis naby aan alles! As mense vertonings gaan kyk by Sunbet Arena is dit...
Sien meer
Mei 2023
Tony J
Saam met lewensmaat
4.8
Fantasties. Ons het baie lekker gebly en die gasheer en gasvrou was baie aangenaam en vriendelik, en ons het baie lekker gesels met hulle.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Martillize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Rubenstein-rylaan 610, Moreletapark, Pretoria-Oos, 0044, Gauteng
  • Gaste dink The Angels Place Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rubenstein-rylaan 610, Moreletapark, Pretoria-Oos, 0044, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe2df34f22bddd37457201403ae97ac3f6aed06fb0c2b222a88c391bfe8911f9e993cc94a46d4095cd678e8d73c55d0549e1e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 26 5 1 5 610 Rubenstein Road Moreleta Park 0044 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.81874479448 28.28488111496

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang