The Apple Blossom Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Prins Albert-Straat 6, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
- Vanaf R2 850 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
The Apple Blossom Cottage is 'n ou, karaktervolle kothuis wat in Villiersdorp geleë is. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede geleë.
Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. 'n Kampbedjie kan ook vir 'n baba voorsien word. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer is toegerus met 'n bad, stort, toilet en wasbak, asook 'n bababad en toiletstoeltjie vir kinders.
Die kombuis, sitkamer en eetkamer is almal oopplan en beskik oor 'n satelliet-TV asook bordspeletjies en tydskrifte in die sitkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tweeplaatstoof, ketel, broodrooster en kombuisware.
Die kothuis sluit beddegoed en handdoeke in, asook ekstra komberse en 'n haardroër in elke kamer. Daar is ook toiletpapier en badmatjies in die badkamer. Gaste word vriendelik versoek om hul eie toiletware saam te bring. LED-ligte word voorsien vir tye van kragonderbrekings of beurtkrag.
Dit is selfsorg, goed toegeruste eenheid met 'n vrystaande buitebraai in die privaat binnehof. Dit sluit hout, 'n rooster, 'n driepootstaander, vuuraanstekers en vuurhoutjies in.
Die huis bied veilige parkeerplek vir voertuie agter 'n geslote hek. Daar is ook diefwering en 'n alarm vir ekstra sekuriteit, hoewel Villiersdorp 'n redelik veilige dorp is en die kothuis in 'n goeie area geleë is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jorina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Prins Albert-Straat 6, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
- Gaste dink The Apple Blossom Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Villiersdorp Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Prins Albert-Straat 6, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang