Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Artists Cottages at Le Quartier

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naledi-rylaan 83, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R920 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Artists Cottages at Le Quartier in die hartjie van Dullstroom. Die kothuise is goed ingerig vir groepe en dis sentraal geleë, veilig en gerieflik. Elke gesin het sy eie kothuis en badkamergeriewe en dis naby mekaar geleë.

Verblyf is in 4 bekoorlike en netjiese kothuise beskikbaar en elke kothuis is na 'n kunstenaar vernoem - Van Gogh, Renoir, Monet en Picasso. Skilderye in dié kunstenaars se style komplementeer die unieke dekor in elke kothuis. Elke kothuis het 'n stoep met 'n uitsig oor die rustige tuin. Monet, Renoir en Picasso het elk 'n draagbare Weber-ketelbraai en Van Gogh het 'n ingeboude braai. Daar is ook 'n ingeboude

Die instansie voorsien katoenperkallinne en gehaltehanddoeke. 'n Bondel hout, tee, koffie, suiker en Cremora word met aankoms voorsien. Dit is 'n selfsorginstansie so gaste moet hul eie kos, drankies en ekstra hout saambring. Vir groepbesprekings wat 2 of meer kothuise saam bespreek word daar 'n skoonmaakfooi per kothuis verhef en sal op die kwotasie ingereken word.

Daar is parkeerplek vir 4 voertuie onder 'n motorafdak. Die hek word gesluit. Daar is ook palissade teen die pad vir ekstra sekuriteit en die kante van die eiendom is ommuur. Picasso-kothuis is troeteldiervriendelik vir goedgemanierde troeteldiere.

Daar is 'n TV met DStv en 'n HiFi sodat gaste op hoogte kan bly met die jongste sport of 'n lekker fliek kan kyk.

Ongelukkig is daar tans geen sonkrag of omsetters beskikbaar nie. Die beurtkragskedules sal op die inklokdatum met gaste gedeel word. 2 Kothuise, Renoir en Monet, het gasgeisers en het dus konstant warm water.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Baudine L
Gesin met klein kinders
5.0
Perfect cottage for a weekend away. We had a wonderful stay in a cozy, beautiful cottage.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Gertruida C
Saam met vriende
5.0
Die cottage is toegerus met alles wat jy nodig het. Ons het baie lekker gebly. Ek sou net graag in die stort iets wou hê om aan vas te kon hou. Die vl...
Sien meer
Jul 2024
Dawid N
Saam met lewensmaat
5.0
Netjiese plekkie. Baie lekker gebly. Net baie koud binne in die plek.
Jun 2024
Anuschka L
Saam met vriende
5.0
Great cottage at a great location. Very cosy. Ons het vreeslik lekker gebly by die Artists Cottages in die Van Gogh eenheid. Die cottage is vreeslik o...
Sien meer
Mei 2024
Bessie M
Gesin met tieners
5.0
Skoon, netjies en veilig. Baie lekker gebly, ek sal net warmer beddegoed aanbeveel.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Bronwen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Naledi-rylaan 83, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink The Artists Cottages at Le Quartier het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R920
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R920
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naledi-rylaan 83, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc95d829bcfcda65dec4492b5fb299105e32096b33154d79c6b8317ac57d417a4bcb6f5b56d6e34fb5d2bea645c3ca29c103e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R920 per nag, vir 2 mense 85 5 1 5 83 Naledi Drive Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.418237261848 30.106271500664

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang