The Astons No. 3
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Heleen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 28
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Etienne B - Jan 2024
Algehele gradering
Wondelike ligging en bevat alles wat mens benodig.
Johan F - Des 2023
Algehele gradering
Lekker, veilig goed geleë.
Jaco D - Nov 2023
Algehele gradering
Rustige omgewing, baie mooi uitsig! Elke oomblik geniet!
Nelmarie O - Okt 2023
Algehele gradering
Perfekte plekkie by die see!
Lees meerThe Astons No. 3 se terugvoer
Goeie dag Nelmarie.
Baie dankie vir die pragtige resensie wat jy vir ons geskryf het. Dit word opreg waardeer. Weereens baie dankie dat julle Astons no3 gekies het.
Hartlike groette
Paul & Heleen
Norman F - Mei 2023
Algehele gradering
Bitter mooi uitsig reg oor die strand.
The Astons No. 3 se terugvoer
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons street daarna om ons plek so gerieflik moontlik te maak.
Sien uit om julle weer te verwelkom.
Eric P - Mrt 2023
Algehele gradering
Definitief sal ek weer kuier die jaar by The Astons No. 3.
Yolandi H - Feb 2023
Algehele gradering
Lekker!
Gerhard S - Jul 2023
Algehele gradering
Baie lekker gebly.
The Astons No. 3 se terugvoer
Goeie dag Gerhard. Baie dankie vir jou resensie. Ek is jammer vir die dinge wat jy te kort gevind het, maar voel dat ek net graag die volgende wil uitwys.
In die kaste van elke kamer is daar ’n aditionele kombers.
Soos die beskrywing van ons eiendom se, is daar ’n TV met DSTV koppel punte, maar noem ons dat gaste hul eie decoder en "Smart card" moet bring.
Onder die afdeling "huisre’ls" in julle kwotasie versoek ons dat gaste hul eie bad en swemhandoekke moet bring.
Ons sorg altyd dat daar toilet papier in elke badkamer is, maar aangesien dit geadverteer word as ’n selfsorg eenheid neem ons aan dat gaste dit so sal aanvaar dat dit deel vorm van hul goed wat hulle saam bring.
Ons bedank julle weereens dat julle Astons No 3 gekies het en weereens jammer vir enige ongerief.
Lorraine K - Des 2022
Algehele gradering
Ons het dit baie rustig gevind juis oor die area so rustig is, weg van die gejaag van die hoofstrand.
Alma V - Apr 2022
Algehele gradering
Ongelooflik lekker en gemaklik.
Manus S - Jan 2022
Algehele gradering
Stil, rustig, naby strand.
Marietjie V - Aug 2021
Algehele gradering
Waarde vir geld.
Lene G - Mrt 2021
Algehele gradering
Astons no.3 was volledig toegerus vir ons wegbreek, met 'n mooi see-uitsig. Dit is op die 3de vloer, so klein kindertjies wat wil speel moet in ag geneem word, maar dit was steeds gemaklik. Ons het die strand, wat loopafstand vanaf die eenheid is, baie geniet.
Marizka P - Okt 2021
Algehele gradering
Rustige gesinsvakansie.
Elsabe C - Jun 2021
Algehele gradering
Heerlik. Die see uitsig is pragtig. Lekker rus.
Machiel M - Jul 2021
Algehele gradering
Ons het heerlik gekuier.
Deon B - Mei 2021
Algehele gradering
Baie lekker plek baie rustige omgewing. Mooiste uitsig oor die see.
Wynand V - Jan 2020
Algehele gradering
Gerieflik en stil.
Cecile F - Okt 2020
Algehele gradering
Wat lekker is, is dat mens 'n see-uitsig het. Wanneer dit reën dan is dit steeds lekker om so naby die see te bly.
The Astons No. 3 se terugvoer
Cecile.
Baie dankie vir jou terugvoer.
Daai is nie eers die hoof roete na die volgende strand toe nie, jammer dat die pad so besig was gedurende julle verblyf.
Lekker dag.
Liesel K - Feb 2020
Algehele gradering
Eienaars het reëlings vir sleutels ens. duidelik deurgegee.
Miranda M - Feb 2019
Algehele gradering
Sea view in die oggend met 'n koffie na 'n rustige nagrus.
The Astons No. 3 se terugvoer
Beste Miranda,
Baie dankie dat julle Astons No. 3 as blyplek gekies het. Baie dankie ook vir die pragtige resensie.
Ons weet hoe spesiaal dit vir ons is as ons self daar gaan bly. Daai gevoel wil ons graag vir al ons gaste oordra.
Tot weersiens,
Heleen
Frik C - Jan 2019
Algehele gradering
Perfekte ligging.
The Astons No. 3 se terugvoer
Goeie dag Frik,
Baie dankie dat julle ons plekkie julle tuiste vir die vakansie gemaak het. Baie dankie ook vir die resensie wat jy gelaat het.
Ons sien uit om julle weer te akkommodeer
Sumari L - Jun 2019
Algehele gradering
Baie mooi uitsig.
Lees meerThe Astons No. 3 se terugvoer
Sumari,
Baie dankie vir die terugvoer, dit word geweldig waardeer. Daar is rooi kombersies in die kamer se kas. Maar ons sal aandag aan die kussings gee. Baie dankie dat julle Astons No. 3 julle keuse van verblyf gemaak het. Ons sien uit om julle weer te verwelkom.
Hartlike groete
Paul en Heleen van der Merwe
Pp O - Jan 2018
Algehele gradering
Clean, beautiful, well located apartment.
Philp F - Des 2018
Algehele gradering
Baie rustig met n uitstekende uitsig.
The Astons No. 3 se terugvoer
Goeie dag Boeta.
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons is bly dat julle lekker gekuier het en hoop om julle weer in die toekoms te sien.
Marinda O - Aug 2018
Algehele gradering
Baie lekker gebly.
The Astons No. 3 se terugvoer
Marinda.
Baie dankie dat julle ons plekkie gekies het vir julle wegbreek. Ons is bly julle het dit geniet en sien uit daarna om julle weer te sien.
Adele K - Jan 2018
Algehele gradering
Was 'n heerlike rustige naweek.
The Astons No. 3 se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie. Bly julle het dit geniet en hoop om julle weer te kan akkommodeer.
Pieter S - Apr 2018
Algehele gradering
Baie stil area en ons het baie veilig gevoel.
The Astons No. 3 se terugvoer
Pieter.
Baie dankie dat julle ons plekkie gekies het. Ons is juis by die woonstel om opknappingswerk te doen. Vervang ook die TV, en rig dit bietjie beter in vir die koue winter aande wat nou begin naderkom. Gelukkig met die stoep wat toe is en die ingeboude braai gaan gaste nogsteeds die uitsig kan geniet. Hoop ons sien julle weer binnekort.
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Shearwater-rylaan 17, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang