The Barn-Yard
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buitekantstraat 2, Red Garage Door, Darling, 7345, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
The Barn-Yard is 'n oulike selfsorgkothuis in die hartjie van Darling. Dit word deur die platteland se skoonheid omring en bied 'n unieke ervaring met 'n plaaswerf met perde en hoenders aan die agterkant en die skilderagtige dorpie op die voorstoep.
Die kothuis was destyds die dorpie se melkskuur, maar is nou in 'n gesellige kothuis met 4 skakelkamers omskep. Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed en die ander een 2 enkelbeddens het. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n tafel met stoele toegerus. Die sitarea lei na 'n privaat stoep met buitemeubels, 'n eetarea en 'n gasbraai.
The Barn-Yard is op die eienaar se erf geleë en is stapafstand vanaf die dorp se geriewe. Of gaste nou die uitstallings by die Darling Museum wil sien of avonture na nabygeleë besienswaardighede wil aandurf, hiér is alles lekker naby geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Tanya Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- Buitekantstraat 2, Red Garage Door, Darling, 7345, Wes-Kaap
- Gaste dink The Barn-Yard het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buitekantstraat 2, Red Garage Door, Darling, 7345, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang