Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Bay Lodge

Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af. Geldig vir verblyf vanaf 25 Jun 2024 tot 31 Jan 2027.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bob Bouwer-singel 29, Bayview, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 192 R1 644 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Bay Lodge het 'n asemrowende ligging op Bayview Beach. Dit bied lieflike see-uitsigte, smaakvol versierde kamers en heerlike ontbyt. Die gastehuis is in die stil Bayview-woonbuurt, net 8 km vanaf Mosselbaai se middedorp en 2 km van Hartenbos af.

Die kamers is ruim met moderne binnenshuise versiering wat ’n eklektiese styl en eko-vriendelike materiaal kombineer. Daar is 9 kamers met koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, ’n TV met sekere DStv-kanale, elektroniese kluise en WiFi. Rook is verbode in al die kamers.

Die gastehuis bied 'n eerlikheidskroeg, espresso, cappuccino, tee, gratis WiFi, 'n wasgoeddiens, parkeerplek op die perseel, 'n binnebraai en 'n buiteboma waar gaste 'n eg Suid-Afrikaanse braai kan geniet en die luisterryke uitsig kan bewonder. Daar is ook ’n swembad.

Daar is ’n swemstrand voor die gastehuis waar lewensredders aan diens is tydens Suid-Afrikaanse skoolvakansies. ’n Pendeldiens na plaaslike restaurante is beskikbaar op versoek. Gaste kan hierdie diens by ontvangs bespreek en daar navraag doen.

Die lodge is net 25 minute se ry vanaf George Lughawe. Mosselbaai bied 'n groot verskeidenheid aktiwiteite, besienswaardighede en restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 88 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Jolene L
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend mooi. Ons het so lekker gebly, die uitsig en die gedruis van die branders is so mooi. Almal is vriendelik en die ontbyt was ook 'n groot pl...
Sien meer
Aug 2024
Org M
Saam met lewensmaat
5.0
Sal baie graag weer die venue wil besoek, ons het dit baie geniet. Baie lekker gebly, alles was in orde soos geadverteer. Netjies en skoon. Ontbyt uit...
Sien meer
Aug 2024
Sandra F
Saam met vriende
5.0
Fantastiese ervaring, uitsig ongelooflik, personeel baie behulpsaam, vriendelik. Dit was 'n fantastiese ervaring.
Aug 2024
Rene P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend! Die presidential suite was uit die boeke! Dit was ons 1ste keer in sulke luukse kamer (spesiaal vir ons huweliksherdenking) en ons was bai...
Sien meer
Jul 2024
Sharne D
Saam met lewensmaat
5.0
Quiet restful breakaway. Gorgeous views, quiet lovely atmosphere, also a really good breakfast. Really enjoyed our stay, thanks!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 88

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Bob Bouwer-singel 29, Bayview, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Bay Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 192
R2 192 R1 644
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 192
R2 192 R1 644
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bob Bouwer-singel 29, Bayview, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7pGlgaUIQTUYwcJJDlZEEp1QWkO3OHZL0O0xQODUDAiTDje9gw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 192 nouVanaf R1 644 per nag, vir 2 mense 88 5 1 5 29 Bob Bouwer Crescent Bayview 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.14184 22.111342

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang