The Beach Cabin
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 17 Jun 2024 tot 15 Nov 2024.
- Kapasiteit: 5 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Murray Smith-weg 1, Winklespruit, Durban, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R650 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
The Beach Cabin is 'n bekoorlike en ongekunstelde selfsorgeenheid in die hartjie van Winkelspruit, Durban en ideaal vir 'n rustige wegbreek saam met familie of vriende.
Die eenheid is geskik vir 2 volwassenes en 3 kinders, en beskik oor 1 slaapkamer en 'n badkamer. Die solderkamer het 'n dubbelbed en driekwartbed en die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n klein sitarea met 'n dubbelbed en 'n TV met Open View-kanale.
Buite kan gaste op die dek kuier wat sitplek en braaigeriewe het. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig (2de voertuig slegs indien gereël) en waentjie is beskikbaar en die eiendom is met elektriese heining en 'n afstandbeheerde hek beveilig.
Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en Kinderpark, en is stapafstand vanaf restaurante en winkels. Die eiendom is 2 minute se stap vanaf die strand.
Daar is baie om te doen in en om Amanzimtoti of gaste kan suidwaarts ry en die kus vir die dag verken. uShaka Marine World is 36 km (33 minute) vanaf The Beach Cabin terwyl Aliwal Shoal Shark Diving net 16 km (18 minute) ver is. Croc World is 21 km (22 minute) vanaf die eenheid en Splash Water World en die Thirsty Whale Restaurant is net 9,3 km (14 minute) vanaf die verblyf.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Kinderbed vir 1
1 x Kinderbed vir 2
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Debora Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Murray Smith-weg 1, Winklespruit, Durban, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Beach Cabin het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Winklespruit Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 5 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Murray Smith-weg 1, Winklespruit, Durban, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang